Monday, December 3, 2018

repost 15 Desember 2017

Laas week is vol reën en niks is droog nie. Saterdagoggend skyn die son net lank genoeg om almal kos te gee. Die goue hennetjie het die mooiste nes gebou en 5 eiers gelê. Sy is fluks soos my pa sal sê.
My ma het ook heelwat te sê oor my animal farm en quilting en en en…maar my groot problem van die week is die sogenaamde Kersfeesete. Gedurende die jaar het almal so baklei met mekaar, in die rug gesteek en valse getuienis gelewer en nou is die verwagting dat ons om ‘n tafel saam sit eet, drink en vrolik wees en ‘n religieuse gebeurtenis gebruik as voorwendsel. Dat 7 minute se ry van die projek daar 7 jong mense by Joe Slovo Bridge staan en probeer vensters was vir R2 sodat hulle gom kan koop aan die einde van die dag om deur die nag te kom, gaan by almal verby sonder dat iemand ‘n oog wink. Ek baklei so met myself dat ek besluit om nie die Krismis party by te woon nie. My ma skryf vir my op whatsup, nee, moenie nou ‘n bitterbek wees nie, jy moet gaan. Woon dit by en onthou wees vriendelik en maak mooi gesels stories. Soos my pa kan ek nie ‘n woord uitkry oor ditjies en datjies nie. Net nie iets wat ek al ooit geleer het nie. In enige sametrekking van baie mense verdwyn my stem soos die meermin in die feëverhaal. 
Gelukkig is hierdie jaar se party by die Walter Sisulu Park en ons word in teams opgedeel en kry ‘n lys van tasks wat ons moet doen. Soos gewoontlik neem ek dit heeltemal te ernstig op en maak seker dat ons ‘n leier het, iemand wat die lys lees en aftik wat ons gedoen het, die team opdeel sodat elkeen ‘n task het, heel demokraties soos altyd en ‘n timekeeper het. Ek het ook ‘n material inkopie sak saamgebring om al die tasks te kollekteer en maklik te dra. Ek neem aan dat ek volgende jaar nie in enige team sal wees nie. Maar die park is so mooi dat selfs ek ontdooi en bietjie vergeet van die venster wassers op Saratoga. Intussen stuur my ma nog raad op whatsup. Onthou ‘n mens smile in die groep fotos. Die volgende dag toe die groep foto’s publiek word staan ek so armsalig een kant, ek weet dat ek gesmile het, maar mens kan dit nie sien nie. Ek stuur vir my ma die foto, haar opmerking is dat die foto so wyd is en ‘n mens sien eintllik net die waterval, ek moenie worry nie. My pa se kommentaar op die foto is nie herhaalbaar nie, want soos gewoontlik staam almal so op ‘n bondel en die son skyn direk in almal se oē. Volgens hom lyk almal Chinesies. 
Aan die einde van die dag gaan ons almal slaap met ons eie gewete, eie gedagtes en ons daaglikse struwelinge.

No comments:

Post a Comment