Monday, December 3, 2018

repost 29 desember 2017

Die laaste Saterdag van die jaar. My pa bel al die hele week (en dis raar) want daar is volgens hom ‘n moerse krisis. Die koninginby kom kuier en niemand weet wat om vir haar te gee as ‘n present nie. Hy bel elke dag om te hoor of ek ‘n gedagte het en elke dag gee ek vir hom dieselfde gesprek: 50 shades of beige, 50 shades of white, 50 shades van hout en of natuurlike material, mooi iets van die huis, en so probeer ek. Ek bied aan teen Vrydag om van regte katoen van natuurlike kleur vir haar ‘n serp te brei, nee, hy kan nie brei nie, dit sal nie werk nie. Naderhand sê hy dat ek vir haar ‘n mooi houtkissie moet soek en dan sal ons iets daarin sit. Wel, dis toe nou net wanneer die gemeenskaplike versamel instink die groen draak laat skrik, hiermee is die susterskeidslyn oortree, ek maak houtkassies met baie laaitjies by mekaar, ek maak sigaar boksies by mekaar, ek soek nog altyd die heel meeste kassie met die meeste laaitjies, dis my droom. Eerstens vind ‘n mense selde ‘n mooi houtkassie en met laaitjies byna nooit en dan is dit myne…'n hout kassie met geheime laaitjies... 
Saterdag middag na ‘n hele week se probleem krisis en oplossings uitdink, vind en of soek in my huis, kry ek ‘n briljante idee, hoekom gee ons nie vir haar ‘n mooi pot om in te kook nie, iets ordentlik en ek het toe net die regte pot. Bel De Doorns met my mees briljante plan van die week, hy antwoord met so ‘n stadige “wie bel dan nou” stem, ek kyk en sien dit is na 15hoo, ek mag nie tussen 13h00-15h00 bel nie want hy slaap. En dit is geweldig moeilik vir my om by sy time table te hou. Wel hy is toe natuurlik nog nie wakker nie alhoewel dit 15h03 is en ek met my opgewonde plan en hy met sy slaap brommery stem toe nou glad nie ooreen nie. Die gesprek is net 30 sekondes lank…waarvan die meeste stilte is. Nee, hy het sy mind opgemaak, geen nuwe planne is welkom nie. Ek sit die foon neer en is soos altyd weer heeltemal deurmekaar gewaai. Was nou regtig nie die reaksie waarop ek gehoop het nie.
Maar soos altyd vind ek gou weer nuwe idees en besluit om die konginby te whatsup en vra om my te bel. Kan nie dit bekostig om haar te bel nie, want sy praat baie…In elke geval ons het toe die pot/plan uitgewerk, want ten minste het die pot ‘n deksel (dis my selling point) en die regte utensil wat daarby pas (my ander selling point) om die regte groente in en uit te haal en kook…Sy is heeltemal pleased met my arrangement, ek bietjie jammer dat dit nou nie ‘n verassing sal wees nie, maar beter sy kry ‘n pot met ‘n deksel dan een van my eie “meeeeeees gesoekste einde van die wêreld” houtkissie met iets in.


No comments:

Post a Comment