Monday, December 3, 2018

repost blou truitjie 10 otober 2017

Die vorige Saterdagoggend was ek te gewond om ‘n woord te skryf oor die week se gebeure in Hillbrow en die laaste Saterdag het my ma soveel te se gehad oor al my onvermoe met die lewe in algeheel, dat ek te veel aan durf en soaan, dus kon ek net ‘n paar sinne uitwurg…
So die vorige vorige Saterdag is ek vroegoggend na Thembalami Deaf Centre en ouetehuis toe en nog ‘n paar ander tehuise te same om hulle stoorkamer reg te pak en al die donasies wat hulle gereeld kry uit te sorteer. My ma kon net nie ophou raas en blaas met my nie toe sy dit hoor. 'Kyk hoe lyk jou huis en dan gaan jy wragtig en pak iemand anderste se kaste reg, nie liewe hemel Erica jy moet jou kop laat lees!. En wat het jy nou weer van daaraf huis toe gesleep, en hoekom het jy nog brienaalde nodig, jy het moes oorgenoeg, ja maar (probeer ek dwars ‘n woord inkry) my breinaalde is otherwisely occupied…wel dit is omdat jy 10 komberse aan die brei het, hier staan ook nog ‘n boks met ‘n halwe kombers in die garage, my pa brom iets in die agtergrond van ‘n blou suitcase en Hospice, brei een klaar voor jy ‘n nuwe een begin, (ek probeer weer dwars ‘n sin inkry).' Mutti, jy verstaan nie, ek begin brei dan is die kombers klein en ek kan dit maklik rondneem in my breisak en orals brei, veral in daardie lang eentonige meetings waar dieselfde mans se stemme net aaneendreun…maar dan as die kombers te groot word, te swaar is en nie meer in die breisak pas nie moet ek dit by die huis klaar brei dan moet ek ‘n nuwe kombers begin om weer saam te neem vir al die eendraderige meetings. As snipperig nie brei se sy goed wat die hele nasie opwerk, soos tannie Lettie op Ingrid se stoep in Loxton tereggesé het: ‘jy is ‘n weerstandige vrou’. As ek brei kalmeer dit my en ek onstel nie die mans nie, dus moet ek brei. 'Jy moet niks nie, weet jy ooit waar is al jou goed, nee nie eintlik nie, het in die week ‘n kombers gevind wat ek 5 jaar terug begin het, dit is die lugbesoedeling kombers. Die watse kombers vra my pa…ek hoor eintlik hoe my ma haar kop skud…'
In elke geval ek het net 46 pare breinaalde terug gebring van Thembalami Centre en moet weer terug gaan om die res van die goed uit te sorteer. (jy gaan weer soontoe vra sy verstom) Ja, daar is drie groot boxse vol breipenne…'brei niemand meer nie, dit is so ‘n goeie hand oog koordinasie oefening sé sy. Elke kind in al die skole behoort te brei, maar dis nou weer soos die skole vandag is geen meer breiklasse vir almal nie'. Voor tannie Naledi ook nog vanoggend deurloop waag snipperig hier om te vra of sy dalk aan ‘n lekker projek kan dink waarmee ek kan begin want dit sal eintlik wonderlik wees om nogal iets amazings te doen met ouetehuise en jong mense. 'Moet nou net nie vir my vra om nog vir jou ook te brei nie ek het genoeg breiwerk en wol en in elke geval kan nie alles opbrei voor ek doodgaan nie'…(eintlik is dit my pa se byline oor alles in die lewe dus is ek nogal sparkeloos toe sy dit uithaal en se) en in hierdie dorp is niemand lus om aan ‘n projek te werk nie! So vir ‘n paar minute is die wind so ‘n bietjie deur my hare gewaai. Maar my comeback time is nogal sterk…'ok! ek gaan aan iets dink…ja s sy dink maar aan iets jy sal seker weer ‘n mal plan uitdink, maar pak jou kaste eers reg…
Hierdie Saterdag was die hele gesprek ‘n herhaling van laas week se gesprek behalwe dat ek nie Thembalami toe gegaan het nie en dis ‘n amper echo weergawe van laas Saterdag se geraas…maar die outcome is nog dieselfde, ek brei vir niks en niemand nie en moet ook nie vir iemand in die dorp vra om te help brei nie, (maar die week praat sy nie oor voor sy doodgaan nie). My pa vra vir my ma om vir my te vra hoekom ek nie liewerste so ‘n ganstrui brei nie. Soos die een wat hy ‘n foto van geneem het in 1982 en hy giggle plesierig…Ek was op Art College in Woodstock, Ruth Prowse, en het vir my ‘n trui gebrei met ganse op, nogal nie bad om ‘n patron te brei en so aan nie, was bietjie lank, maar volgens my pa was die ganse se nekke so lank soos ek was en dat terwyl ek aan die trui gebrei het met recycled wol wat ek van 3 ander truie uitgetrek het, het hy my gewaarsku oor die ganse se nekke…dit is een van sy stories wat hy baie graag oor en oor vertel, en dan die foto gaan soek, dit neem so drie dae en dan met groot getrompetter en lawaai aan almal in sy e-mail lys stuur en ook natuurlik vir snipperig hier. En dan het die hele familie iets te sé. Maar ek moet hom darem die eer toeken, hy was die enigste een in die familie wat met my gewaag het om in die publiek te verskyn, want saam met die ganstrui het ek ook hoedens gedra, snaakse rokbroeke, secondhand shop finds (waistcoats, pers onderrokke en so aan) en my eie toerustings met mooi kleure, baie beads, vere, shells en het allerghande goeters gemaak om in my hare te draai. My ma het met totale finaliteit geweier om saam met my in die straat te loop, ek gee my nie uit vir ‘n toffie in die public nie…so ek wil nie gesien word met jou nie en ek dink my susters was te klein en moes hulle om haar ordentlike rok skaar. Dus terug by die ganstrui, na my mening was dit nogal ‘n baie ordinere en doodgewone trui, nou nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie, wit ganse en ‘n blou agtergrond, baie simpel. Maar die ewigdurende lang gansnekke trui gee nogsteeds vir my pa ure se plesier jare later.


No comments:

Post a Comment