Sunday, December 2, 2018

repost from 18 september 2017

Dit is Saterdagoggend en ek is besig om vroegoggend al aan ‘n artbook te werk. Ek bel my ma om te hoor hoe dit gaan. Nee, se sy hulle het nou net klaar gebreakfast en sit met hulle voete op ‘n stoel en gesels. Ek wil amper se gaan dit snoei (sneeu). Ek sug kleinbietjie van verligting, m.a.w. daar is geen groot uitgeryste koek om my skrik te maak nie. En hulle het nou net oor my gepraat en hoop dit gaan beter veral by die werk. Wat maak jy vra sy? Ek verduidellik vir haar dat ek besig is met die boek oor die Melville koppies, want ek moet klaar weef en stitch van die papier, lap en gras wat ek versamel het toe ons op die toer was met Wendy Carstens, ‘n paar weke gelede. 'Womit ist sie beschaftig' hoor ek my pa vra in die agtergrond, my ma probeer om vir hom te verduidelik en ek hoor hom brom, 'dis seker weer ‘n ancestor ding', ja se my ma aan albei van ons dit klink soos een van Erica se baie bedrywige goed wat sy alewig aan die maak is. Maar wat belangrik is se sy vir my dat jy iets vir jouself doen. Ons praat oor hulle lekker ontbyt dat dit koud is en hulle snoesig warm op die stoep sit, haar kombuis is klaar aan die kant en alles weggepak. 
In my ma se baie gewone maar ordentlike kombuis wat altyd aan die kant is, m.a.w. elke pot het ‘n deksel, elke pyrex bak het ‘n deksel, en selfs elke Tupperware het ‘n deksel, en alhoewel elke een van ons ernstig besig is oor die laaste paar jare om van ons Tupperware ontslae te raak, (dit beteken om vir knope of stukkies lap te gebruik) kan sy nie die deksels oopkry nie en ek kan nie die deksels vind nie het ons nog steeds hopeloos te veel tupperware. In my ma se kombuis het alles altyd ‘n deksel, iets wat ek maar net van kan droom. Met die laaste huis se omtrek het ek ‘n sakvol ekstra deksels gedonate aan Hospice en het toe met die uitpakkery by die nuwe huis die houers gevind, nou nog vies vir myself, moes al die deksels weet terug koop van Hospice. Een van die dinge wat ek altyd vir my self as motivational monologues sê, 'eendag sal jy groot wees en deksels he vir alles'.
Maar dis nie al nie, my suster, die koniginby van Windsor, bel my gedurende die week om baie baie opgewonde en vinnig te vertel dat sy 5 Le Cruesen, La Cresseee, La something whatever potte en panne gekoop het. Ek se alles op een slag, dis verskriklik baie geld, ja se sy dit is so mooi en om in te kook net fantasties. Vir ‘n moment is ek nogal vies vir haar, sy koop 5 potte en panne van ‘n fancy duur maatskappy en kan nie eers die naam uitspreek nie. Ek skud my kop om die groen draak skrik te maak en vra watter kleur, nee se sy dis net grys, een of ander fancy non stick gedoente, ek sug en werk uit in my kop dat selfs op ‘n special dit 4 maande se huis paaiemente is, my ma sal iets te se het hieroor, sulke spandabelrigheid om 5 potte op dieselfde tyd te koop. Toe sy en my pa getrou het moes hulle die een pot en pan by die OK Bazaars af betaal en selfs met ‘n baba (dis nou ek wat so vining moes op die aarde kom, want ek het so baie om doen) en al, moes hulle met een pot en pan klaarkom. Eers later, baie later kon sy waterlose potte bekostig…Destyds het ‘n mens gespaar en een pot op ‘n slag gekoop, onthou jy nog Erica die klein waterlose pot was ‘n hele R45 , dit was baie geld. Terug by die telefoongesprek met Windsor…Sy se toe die wonderlike ding is dat al die deksels op elke pot pas en dus is daar net 2 deksels, ek dink saggies soos die groen draak weer ‘n verskyning maak, die cheek dat jy 5 potte koop en net 2 deksels kry, die dat dit op ‘n special was, niks is ooit verniet in hierdie dorp nie. My ma sal ontsaglik baie kommentaar het oor hierdie potte. 
Terug by my ma se gesprek Saterdagoggend; het jy gehoor dat jou suster sulke verskriklike duur potte gekoop het, ja se ek, dink jy nie dis darem baie geld nie vra sy my, ek se ja dis baie geld, nee oh liewe land Erica!! dis ‘n plaas se geld, destyds toe ons getrou het nog voor jy nog daar was het ons net een pot en pan gehad, ek het dit nog oor 6 maande afbetaal met my Sanlam salaris. Onthou jy nog toe Vati vir my daardie eerste waterlose pot gekoop het, dit was baie geld, en later toe ons die klein pot vir jou gaan koop, wat was dit nie R45, ja ek onthou. Nou kos dieselfde pot blykbaar oor die R400 of so iets; iemand in die dorp wie se dogter nou net waterlose potte gekoop het, het vir haar vertel. En verder se sy dis blykbaar Franse potte, ek hoor my pa in die agtergrond grom, van waanner kan die Franse kook, wat weet hulle van kosmaak. Net om te verduidelik: volgens my pa kan net my ma kook, dit is omdat sy gedurende die laaste 54 jaar net vir hom gekook het tot en met die laaste bietjie sout en suiker, hy sal nie eens sy voete vir ‘n emergency in ‘n Wimpy sit nie en KFC se reuk maak hom naarrrrr. En hy rol tog sy rrrrrr’e so mooi as hy Afrikaans praat en terselfde tyd sooooo verontwaardig voel.

No comments:

Post a Comment