Thursday, December 13, 2018

repost from 22 desember 2017

Dis Saterdag voor Kersfees, ek het nog die week rongehardloop om alles klaar te kry, inkopies gedoen vir die projek, weeklikse timetables uitgewerk en by die studio skoon gemaak. Dit ruik nog erg na reën en water. Ek maak die deur en vensters elke dag oop en hoop om lug in te kry. Katze draai net om my bene en soek melk. Ek maak vrede met die jaar so oor die 5 dae wat ek alleen by die projek is, dis stil en net ek met my eie gedagtes. Ek ontdek nog mooi geborduurde stories van crafters van jare gelede, meeste van hulle is op vuisboek, en ek volg hulle lewensstories. Sommige is nie meer saam met ons nie. Intussen soek Katze net so hard saam met my material, stukkies lap, maar die reuk van die vloed styg in my asem op en ek gaan sit buite op die trappe wat na die training section toe opgaan en soek die internet. Katze sit op my skoot, ek luister hoe Hillbrow ook stading tot ruste kom, daar is so ‘n wit flag vrede oor die buurt…

Ek het die week weer by my favourite haberdashery winkel in die Oriental Plaza gaan naalde en skêre en wat nog alles gaan koop. Die familie wat die besigheid het vanaf hulle pa se tyd is almal oor die 70 jaar oud, 2 broers en ‘n swaer. Ek bewonder hulle vermoë om nog na 40 jaar saam te werk. Hulle pa se winkel was vroeër in Fietas, of Vrededorp, ek het ‘n ruk lank daar gewoon voor ek Mayfair toe getrek het in my eerste huis. Ek hou van die stories wat hulle my vertel, maar my keel trek ook toe as hulle sê dat hulle die winkel wil toemaak, want geen een van hulle kinders stel belang nie. Ek het al gedroom daarvan om ook in die winkel te kom leer saam met die onkels te werk. Dan kan ek dae lank sit en my verkneukel wat in al die boxes, tins en bakkies weggepak is. Ek sal natuurlik niks kan verkoop nie, want alles is en nog wat van 1960. Die ander dag het ek ‘n tin gevind waarin sellotape (12) verkoop is in 1967. Natuurlik het ek dit huis toe gebring. Ek dink dat hulle is soms verlig as ek kom om haberdashery te koop, want ek sleep saam die helfte van die 1960 gedeelte van die winkel.
Natuurlik haat ek moderne shopping centres, want nie net oor BoneyM Christmas songs wat my inwag nie, dit maak my heeltemal van my kop af, en dan is daar ook nog mense in die winkels. So ek time my shopping tussen 08h00 en 09h15, elke oggend sodat ek die meeste kersfeesliedjies mis, want die person wat die musiek aanskakel is gewoontlik laat. My beste shopping tyd is na Kersfees, want dan is niks meer getoor onder rooi tinsel nie. 
My ma bel om te hoor of ek darem iewers het om te gaan vir Kersfees, aangesien sy en my pa ook alleen is. Nee, ek gaan vir Kersfees na die meisiekinders en op Kersdag na my ander kinders.Ek kry baie raad om versigtig te ry en oppas vir die JMPD. Sy en my pa eet Kersaand bockwurst en aartappelslaai en op Kersdag ‘n klein kassler met slaai. Hulle menu is klaar uitgewerk en die pudding is warm chocolate sous met vanilje icecream en neute. Dis eintlike reeds klaar uitgewerk sedert my eerste Kersfees, want dit is elke jaar se menu. Sy vertel my ook al die ander kinders se Kersfeesplanne. 
My ma en pa se lewe is so standvastig en betroubaar soos ons mensdom se gesoek na iets nuut en tog bly alles dieselfde, altyd.

No comments:

Post a Comment