Monday, December 3, 2018

repost from 27 november 2017

Ek bel my ma later in die oggend, want amper al die kinders het huis toe gekom vir ontbyt. Was lekker om bietjie anderse geselskap te hê vroeg in die oggend. Die enigste klagte gedurende ontbyt was dat nog appelkooskonfyt nog vye konfyt op die tafel was. Later toe ek met my ma praat moes ek mooi verduidelik dat dit ‘n groot vraag was gedurende ontbyt en ek hoop sy neem dit ernstig op, want hier broei beslis ‘n konfyt oorlog uit. Sy is weer net bekommerd oor die tekort van water en die feit dat daar geen blomkool op die mark is nie. Volgens haar, want sy het op google gekyk is dit weens die Chinese en daardie mense met die snaakse diëet. Die Chinese eet graag blomkool so dus word alles van Suid-Afrika uitgevoer na Beijing (dis die regering se skuld) en van die res van die blomkool wat oorbly maak hulle ‘n spesiale meel vir die mense met die snaakse diet. Ek verstom my oor wat sy alles so op ‘n Saterdag oggend weet. Daar is ook alweer ‘n baksel beskuit in die oond en sy en Tobi (der dackel) is besig om my pa dop te hou, want hy is in die tuin op die sypaadjie besig en sy is bang hy sluit homself uit die erf, want ek moet verstaan hy is bietjie vergeetagtig. So tussen die beskuit, blomkool, my pa en Max (die border collie) wat saam met hom die sypaadjie inspekteer probeer ek kophou en die regte antwoorde te gee, want ek weet nie of sy met my praat of Tobi of my pa nie, wat in elke geval nie kan hoor nie. 
Intussen besluit die hoenderhaantjies (enter stage right) baie dapper dat hulle ook die sypaadjie wil inspekteer en nou is meer as die helfte van die huismense op straat. My ma sê vir my of vir Tobi hier kom moles. Max doen ‘n surprise covert effort op een van die hennetjies, want sy broei in die agupanthesis, sy vlieg op en beide sy en my pa is ewe verward. Tobi blaf in my oor so hard dat ek ook verward is, want hy is nou baie opgewonde oor al die action deur die kant gordyn uit die voorste venster en my ma sit die foon neer nadat sy al haar dogters se name in een ry afrits, want sy moet gaan help. As sy skrik of gou iets moet doen dan word een van ons sommer al drie susters tergelyke tyd. 
Sy bel na ‘n uur terug. Almal het amper oorleef, sy het 6 eiers in die een nes gekry en 3 in die ander nes. Intussen moes die beskuit uit die oond, my pa het koffie gesoek en middagete, jy weet mos hoe dit is, Tobi en Max moes beskuit kry van die ou baksel aangesien hulle so oulik is, al die hoenders is terug op die erf. ‘n Helse effort van roep, paai en lawe met kos. Sy vertel verder dat sy kry so tussen 3-4 eiers op ‘n dag en omdat hulle so klein is moet sy twee eiers gebruik vir elke een eier in die koek resepte. Ek begin wonder of dit my problem is met my koek maar sê dit nie hardop nie. Nog nie heeltemal recover van my koek flaters nie. Verder gaan die goed by die huis, die koninginby van Windsor het ook vye gesoek, want sy het ‘n fancy dinner party gehou Vrydagaaand en kon nie lank met my ma praat nie, want die bestandele vir aandete het baie aandag nodig gehad, maar hulle kry ten minste blomkool, die Engelse volgens my ma kan enige ding kry. Met my broer skype hulle Sondagaand en met die ander suster Maandagaand, So elke kind het sy eie dag vir ‘n konsultasie met die leadership. 
In elke geval gaan sy voort, aangesien daar heelwat minder vye is om oor te baklei die jaar het jou pa gesê, net die wat kom kuier kry vye, m.a.w. slegs om sy ontbytafel word vye geeët. Schluss!
Ek grinnik sagkens by myself, is heel te vrede met hierdie arrangement, want ek woon by ure en ure die naaste aan die Hex Vallei.

No comments:

Post a Comment