Sunday, December 2, 2018

repost 11 september 2018

So die vorige week Saterdag bel ek nie my ma nie, want ek het met verbete doelgerigdheid tyd nodig om die chocalat koek weer te bak. Want die resep se Vier Groot Maklike Koeke vir Enigeen, asseblief ek wil ook enigeen wees vir eendag. Dit pla haar glad nie, want sy stuur op Whatsup vir my 'n foto van haar Saterdag kunsvernuf in die kombuis, 'n Marmerkuchen wat vir niks skrik nie, mooi uitgerys en die chocalat eweredig versprei in die koek. So Marmerkuchen is my favourite, maar in ons huishouding 'n bietjie van 'n verligting want dit is 'n sirkel koek, m.a.w. daar is nie 'n kant of rant om oor te baklei nie... Dit beteken dat my ma die koek kan aansny sonder 'n amper bloedige revolusie om haar, maar met 'n marmerkuchen kom die bloedige revolusie eers as die koek aangesny is. Dis dan wanneer ons kan 'sien' waar die meeste chocalate in die koek is. In elke geval ek whatsup haar toe terug en se die koek is baie mooi en ek is hartseer dat ek kan nie saam eet nie. Intussen bak/brou ek nou met 'n verwoede energie en lees elke afmeting asook die instruksies drie keer deur. Die koek maak ek presies soos die resep se...en met vreeslike entoesiasme haal ek die koek uit die oond en dis nie gebreek nie. My smile is soos sonlig en ek stuur whatsup fotos van my meesterstuk...Dis voor ek die koek aansny, so droog soos die damme in die WesKaap...ek bel nie my ma nie, want ek het nie meer vyestroop nie...
Maar ek kan nie meer as 14 dae stilbly nie, dit is uiters lelik van my en waag dus om haar weer hierdie Saterdag laat oggend te bel. Daar is so 'n lang lys goed van wat sy alreeds in die kombuis reggekry het dat ek eers heeltemal verward raak van watter dag in die week sy praat en kan niks onthou nie. Vroegoggend het sy konfyt gekook, (ek probeer in my kop uitwerk wat is in seisoen dat sy dit sommer so gou kan kook), vyekonfyt kan
dit nie wees nie, dis amper en 'n moerse maand se werk. Toe het sy twee hoendersborsies gaargemaak vir 'n ligte ete vir haar en my pa vir Sondagaand. Vrydagaand het sy aartappelslaai gemaak, weerens daardie soort wat 24 uur in bietjie gurken juice en fyn gesnipperde uie marineer en elke 2 na 3 ure saggies omgeroer word voor mens gewone yoghurt en 'n klein bietjie mayonaise oor meng en dan oornag laat staan, dan gekookte eier en paprika bo-oor strooi. Die paprika nie die eier nie, die word in kwarte gesny...
Sy vra toe natuurlik wat maak ek, en voor ek kan antwoord word vir my 'n hele lys van goed gese wat ek moet doen: 'sorteer jou goed uit en gooi weg wat jy nie gebruik nie, pak jou yskas reg, en onthou dat jy die recycling ordentlik doen, kyk onder die plastiekbottels watter nommer daarop staan, en moenie Pick&Pay toe gaan sonder sakke nie...en maak tyd vir jouself anders lyk jy altyd so moeg en gebruik jou oogroom...Elke het dit spesiall vir jou saamgebring!'...Ja, ek gebruik die oogroom, help niks...kan nog steeds nie 'n chocalat koek bak nie..

No comments:

Post a Comment