Friday, January 25, 2019

Vati Heini

Yesterday was a Vati Heini day, I shared the story of reënvalopvanggebiede...

'In my suitcase is die woord reenvalopvanggebiede. ‘n Paar jaar terug het Vati Heini en seker met Heino se ondersteuning ‘n nuwe gadget gevind wat die dias/skyfies op die computer sit. Aangesien ek ‘n boek wil maak oor hom waaroor hy vreeslik gebrom het was ek baie opgewonde en het gevra of ek die skyfies op ‘n harddrive kan kry. Natuurlik was ek baie bly toe hierdie harddrive aankom en het dit onmiddelik ingeplug en die eerste file oopgemaak…dit sê  B1 23 46 37 28 C, ek wonder want dis nie ‘n datum nie, die eerste dias is ‘n berg nog ‘n berg dan ‘n foto van Heino so 5 jaar oud met ‘n Fanta langs ‘n rivier. Ek maak die volgende file oop A3 45 26 32 16 D, daar is weer ‘n berg. Nog ‘n berg, ‘n dam, dan ‘n foto an Anke en Elke net sulke stywe boksterre en grys truitjies met ‘n groen rand om en sulke mooi knope, seker van tante Helga of tante Lotte se vele reise van Duitsland. Ek bel huis toe en vra Vati Heini: "hoe is die dias ingedeel want die nommers maak geen sin nie?', 'dis nie ‘n datum nie, nie mense nie of plekke nie?' O! sê hy dis opgedeel in die reënvalopvanggebiede, ek sê wat!!!!!, dis opgedeel in rrreenvalopvanggebiede, dit maak mos sin. I AM COMPLETELY CONFUSE.'


Tuesday, January 22, 2019

Postal stamps

Stamp collecting, my father's passion, and so I am making stamps on cloth... slowly stitching the circles...

Tuesday, January 15, 2019

heaven


Heaven on Earth can be found on Horseback, reading and between a woman's breast.
Arabian Proverb.

Slakke in January 2018

Dis Saterdag en ek bel my ma om my nuwejaarsvoorneme te deel. Dis dat ek net die nodigste koop, m.a.w en gaan probeer remake, re-cycle, upcycle under cycle what ever maar alles doen om nie iets sommer weg te gooi en nuuts te koop nie. Sy is doodstil van skok, want volgens haar kan ek in elke geval niks weggooi nie, ek gaar op soos hulle nie na die oorlog in 1945 opgeggaar het nie volgens haar. Sy sê dat sy moet dink hieroor, want sy kan nou glad nie sien hoe de hel gaan ek dit regkry nie. So die plan is bietjie beter uitgedink as wat sy dink en ek verduidelik dat ek al my klere regmaak my skoen politoer en ook laat regmaak, daar is ‘n oom in die straat af wat skoene weer versool, en niks plastiek koop nie, hoe gaan jy dit doen, wel ek neem reeds sakke saam om my groente en vrugte in te sit en koop net die wat nie in plastiek toegedraai is nie, wat van slaai, wel, ek moet dit liewerste self groei…my pa in die agtergrond, sy kan dan nie eers pietersielie groei nie…wel dis waar ek is nou nie eintlik die green finger tippe nie, ek weet maar mens kan seker probeer.  Dann musst du die Schnecken auf hoben und wirft denn in einer Quark-Bakkie mit Salz drinn, sagt er.
As kind moes ons die slakke van die plante afhaal, elke dag. Ons het elkeen ‘n quark bakkie gekry en vir elke bakkie vol slakke het ons 50 sent gekry, dit was eintlik child labour maar in my tyd was daar nie wette om my te beskerm nie. Die problem was dat ek gedink het slakke is mooi, veral die wit en gryses met strepies en hulle maak sulke mooi patrone op die klippe en dus my slakke agter in die tuin by die garage laat onstnap, so nooit 50 sent verdien nie. Ek kon glad nie kyk hoe my boetie met totale entoesiasme en 50 sent in sy sak, die slakke vol sout gegooi het nie…dit was aaklig, ek kon hulle hoor huil…vir my was dit wreed, volgens my pa was dit wreed dat hulle sy plante opvreet. En weereens rol hy daardie rrrrrrrr.
Gelukkig het hulle nou hoenders (al die laaste 25 jaar) so geeneen van die kleinkinders hoef hierdie wreedhede te verduur het nie. Terug by my slaai wat nog nie groei nie en slakke wat ek nie afhaal nie…My ma wil weet wanneer gaan ek dan werk, want dit alles neem baie tyd, vra haar want sy doen dit alles self en en elke geval voer jy reeds die hele dorp so jy kan nie net bietjies kos op ‘n slag koop nie, die groot mate kom alles in plastiek. Ek voer nog net die vensterwassers by Saratoga. Wie so! vra my pa, ek weet nie, my ma sê los haar dis haar ding as sy so voel laat sy dit maar doen. Hulle sug so hard…wo kommt sie her??? wil my pa weet.

laaste Saterdag 2017

Die laaste Saterdag van die jaar. My pa bel al die hele week (en dis raar) want daar is volgens hom ‘n moerse krisis. Die koninginby kom kuier en niemand weet wat om vir haar te gee as ‘n present nie. Hy bel elke dag om te hoor of ek ‘n gedagte het en elke dag gee ek vir hom dieselfde gesprek: 50 shades of beige, 50 shades of white, 50 shades van hout en of natuurlike material, mooi iets van die huis, en so probeer ek. Ek bied aan teen Vrydag om van regte katoen van natuurlike kleur vir haar ‘n serp te brei, nee, hy kan nie brei nie, dit sal nie werk nie. Naderhand sê hy dat ek vir haar ‘n mooi houtkissie moet soek en dan sal ons iets daarin sit. Wel, dis toe nou net wanneer die gemeenskaplike versamel instink die groen draak laat skrik, hiermee is die susterskeidslyn oortree, ek maak houtkassies met baie laaitjies by mekaar, ek maak sigaar boksies by mekaar, ek soek nog altyd die heel meeste kassie met die meeste laaitjies, dis my droom. Eerstens vind ‘n mense selde ‘n mooi houtkassie en met laaitjies byna nooit en dan is dit myne… chinese medisyne kaste is soort van my soektog...en hartstog...
Saterdag middag na ‘n hele week se probleem krisis en oplossings uitdink in die middel van die nag, vind en of soek in my huis, kry ek ‘n briljante idee, hoekom gee ons nie vir haar ‘n mooi pot om in te kook nie, iets ordentlik en ek het toe net die regte pot. Bel De Doorns met my mees briljante plan van die week, hy antwoord met so ‘n stadige “wie bel dan nou” stem, ek kyk en sien dit is na 15hoo, ek mag nie tussen 13h00-15h00 bel nie want hy slaap. En dit is geweldig moeilik vir my om by sy time table te hou. Wel hy is toe natuurlik nog nie wakker nie alhoewel dit 15h03 is en ek met my opgewonde plan en hy met sy slaap brommery stem toe nou glad nie ooreen nie. Die gesprek is net 30 sekondes lank…waarvan die meeste stilte is. Nee, hy het sy mind opgemaak, geen nuwe planne is welkom nie. Ek sit die foon neer en is soos altyd weer heeltemal deurmekaar gewaai. Was nou regtig nie die reaksie waarop ek gehoop het nie.
Maar soos altyd vind ek gou weer nuwe idees en besluit om die konginby te whatsup en vra om my te bel. Kan nie dit bekostig om haar te bel nie, want sy praat baie…In elke geval ons het toe die pot/plan uitgewerk, want ten minste het die pot ‘n deksel (dis my selling point) en die regte utensil wat daarby pas (my ander selling point) om die regte groente in en uit te haal en kook…Sy is heeltemal pleased met my arrangement, ek bietjie jammer dat dit nou nie ‘n verassing sal wees nie, maar beter sy kry ‘n pot met ‘n deksel dan een van my eie “meeeeeees gesoekste einde van die wêreld” houtkissie met iets in.

maps

I collect. Small pieces of fabric, string, ribbon and thread. I cannot resist the glint of a needle lying outside my office, swept out from the training studio. I share the collected bits and create small maps, of wishing places, hiding places in my mind...


My entire live was about maps, searching for places and reading the information, rivers, contour lines, railroads and borders, always in straight red lines. Photographing these on the window in De Doorns, the last light of the day, as night comes fast in the valley, the mountain steals the sun...


I share this with the students to inspire. They can create own maps, own journeys with a needle and re-use, re-purpose, re-create.

Thursday, January 3, 2019

Hartklep

trying the repair a heart in project is in process...4 are halfway in the creative journey, still have 9 to start...embroidery with cotton, hand dyed and found cottons on cotton material, all bits and lace are found objects...



Tuesday, January 1, 2019

Weihnachten 2018

in between the 24th of December and the 1st of January is always a strange holding place...apprehensive of the year gone by and concerned about the new year...been like this since a child...so best is to stitch...



and the question is why?

für weihnachten...




and for Elke...


Engele Koor

2019...let there be light, let us see the beauty, let us listen carefully and be caring to the young men at Saratoga...

Henri Cartier Besson says you use the whole frame, do not crop...it is as your eye sees...