Tuesday, January 15, 2019

Slakke in January 2018

Dis Saterdag en ek bel my ma om my nuwejaarsvoorneme te deel. Dis dat ek net die nodigste koop, m.a.w en gaan probeer remake, re-cycle, upcycle under cycle what ever maar alles doen om nie iets sommer weg te gooi en nuuts te koop nie. Sy is doodstil van skok, want volgens haar kan ek in elke geval niks weggooi nie, ek gaar op soos hulle nie na die oorlog in 1945 opgeggaar het nie volgens haar. Sy sê dat sy moet dink hieroor, want sy kan nou glad nie sien hoe de hel gaan ek dit regkry nie. So die plan is bietjie beter uitgedink as wat sy dink en ek verduidelik dat ek al my klere regmaak my skoen politoer en ook laat regmaak, daar is ‘n oom in die straat af wat skoene weer versool, en niks plastiek koop nie, hoe gaan jy dit doen, wel ek neem reeds sakke saam om my groente en vrugte in te sit en koop net die wat nie in plastiek toegedraai is nie, wat van slaai, wel, ek moet dit liewerste self groei…my pa in die agtergrond, sy kan dan nie eers pietersielie groei nie…wel dis waar ek is nou nie eintlik die green finger tippe nie, ek weet maar mens kan seker probeer.  Dann musst du die Schnecken auf hoben und wirft denn in einer Quark-Bakkie mit Salz drinn, sagt er.
As kind moes ons die slakke van die plante afhaal, elke dag. Ons het elkeen ‘n quark bakkie gekry en vir elke bakkie vol slakke het ons 50 sent gekry, dit was eintlik child labour maar in my tyd was daar nie wette om my te beskerm nie. Die problem was dat ek gedink het slakke is mooi, veral die wit en gryses met strepies en hulle maak sulke mooi patrone op die klippe en dus my slakke agter in die tuin by die garage laat onstnap, so nooit 50 sent verdien nie. Ek kon glad nie kyk hoe my boetie met totale entoesiasme en 50 sent in sy sak, die slakke vol sout gegooi het nie…dit was aaklig, ek kon hulle hoor huil…vir my was dit wreed, volgens my pa was dit wreed dat hulle sy plante opvreet. En weereens rol hy daardie rrrrrrrr.
Gelukkig het hulle nou hoenders (al die laaste 25 jaar) so geeneen van die kleinkinders hoef hierdie wreedhede te verduur het nie. Terug by my slaai wat nog nie groei nie en slakke wat ek nie afhaal nie…My ma wil weet wanneer gaan ek dan werk, want dit alles neem baie tyd, vra haar want sy doen dit alles self en en elke geval voer jy reeds die hele dorp so jy kan nie net bietjies kos op ‘n slag koop nie, die groot mate kom alles in plastiek. Ek voer nog net die vensterwassers by Saratoga. Wie so! vra my pa, ek weet nie, my ma sê los haar dis haar ding as sy so voel laat sy dit maar doen. Hulle sug so hard…wo kommt sie her??? wil my pa weet.

No comments:

Post a Comment