Friday, January 25, 2019

Vati Heini

Yesterday was a Vati Heini day, I shared the story of reënvalopvanggebiede...

'In my suitcase is die woord reenvalopvanggebiede. ‘n Paar jaar terug het Vati Heini en seker met Heino se ondersteuning ‘n nuwe gadget gevind wat die dias/skyfies op die computer sit. Aangesien ek ‘n boek wil maak oor hom waaroor hy vreeslik gebrom het was ek baie opgewonde en het gevra of ek die skyfies op ‘n harddrive kan kry. Natuurlik was ek baie bly toe hierdie harddrive aankom en het dit onmiddelik ingeplug en die eerste file oopgemaak…dit sê  B1 23 46 37 28 C, ek wonder want dis nie ‘n datum nie, die eerste dias is ‘n berg nog ‘n berg dan ‘n foto van Heino so 5 jaar oud met ‘n Fanta langs ‘n rivier. Ek maak die volgende file oop A3 45 26 32 16 D, daar is weer ‘n berg. Nog ‘n berg, ‘n dam, dan ‘n foto an Anke en Elke net sulke stywe boksterre en grys truitjies met ‘n groen rand om en sulke mooi knope, seker van tante Helga of tante Lotte se vele reise van Duitsland. Ek bel huis toe en vra Vati Heini: "hoe is die dias ingedeel want die nommers maak geen sin nie?', 'dis nie ‘n datum nie, nie mense nie of plekke nie?' O! sê hy dis opgedeel in die reënvalopvanggebiede, ek sê wat!!!!!, dis opgedeel in rrreenvalopvanggebiede, dit maak mos sin. I AM COMPLETELY CONFUSE.'


No comments:

Post a Comment