Monday, December 3, 2018

repost from 17 november 2017

Ek droom dat ek betrokke is met ‘n fantastiese creative program met ongeveer 33 jong mense van die projek in Hillbrow. Dis deur Albie Sachs se harde werk dat ons die projeck van die grond af bring en hy toer saam. Ons is op die strand besig met kuns werke, poetry en musiek, dis so amazing. Die kinders is omtrent so tussen 6 tot 16 jaar oud. Dikgalo se kamera word gesteel en dit is ‘n groen Kodak kamera en hy is totaal hartseer. Ek het ‘n klomp Duitse toeriste ontmoet wat by ‘n seekosrestaurant besig was om te eet en toe ek verby loop wou hulle weet wat ons maak. In my kop is ek besig om uit te werk hoe om of die geld van die budget te neem of een van die toeriste te vra om R60 te donate sodat Dikgalo weer ‘n nuwe kamera kan kry. Die telefoon lui, ek skrik so groot dat beide Merlin en Maggie van die bed af vlieg, want dit is heeltemal te vroeg. Gerard soek ‘n foto van Nahlanhla se Ouma wat ek in Julie 2011 geneem het by Goethe on Main.
Nadat ek deur 4 hard-drives soek kry ek die foto in Maart 2012 en moet die heel dorp rondry vir internet en wat nog, stuur hy ‘n boodskap vir ‘n familie foto ook asseblief. Die internet werk nie in Hillbrow nie, ook nie by Jetline nie. Geen elektrisiteit by die Windybrow nie. Ek ry huis toe, Stefano hang by die venster uit en elke JMPD wil my stop maar waai my vrolik verder as hulle Stafano sien. Stefano is ‘n baie vriendelike hond en blaf vir niemand nie, maar is mal daaroor om halflyf by die karvenster uit te hang en die wind in sy ore te voel. Hoe vinniger ek ry hoe beter, hy hou van die highways om Johannesburg, want ek ry 80km/uur. Ek kom by die huis aan en soek koffie en besluit om nooit weer my foon voor ses uur in die oggend te antwoord nie.
Terwyl ek my koffie drink luister ek hoe almal baie mooi saam sing op die koppie en daar is regtig ‘n harmonieuse melodieë in die lug vanoggend. Die week was baie moeilik en ek is moeg, uitgeput van die gestryery en onweer in die lug, geen wonder ek ontvlug in my drome na kunswerke op die strand nie. In my mooi drome gebruik ons driftwood om te teken op die strand en natuurlike sculptures te bou met die verskillende shapes en wat lekker is, mens vee die sand skoon en kan weer begin. Soos daardie kinder speletjie wat mense op die stuk bord/karton teken en dan trek jy dit uit, soos ‘n stukkie plastiek en dan kan ‘n mens weer oorbegin. Die sand is die papier en die driftwood die pennnetjie.
Ek bel my ma, wat anderste dis Saterdagoggend. My pa antwoord en het die kar in die hek ingery vroeg vanoggend, die hek is uit sy guiders en die kar het seergekry dus volgens hom is altwee ons Saterdagoggend is in sy moer. Hy wil weet hoekom was ek in Parkview op die 20ste Oktober. Ek wil weet hoe hy weet waar ek was. Die poskaarte het aangekom en hy klink nogal happy want Parkview het ‘n mooi groot stempel. Ek wil weet wat se alkaline kalk my ma vir die vye gebruik, want my eksperimente om natuurlike material te gebruik om lap te kleur het nie so goed uitgewerk nie. Hy kan nie onthou nie, maar ek moet dit by die apteek koop. Nou is hy kwaad, want hy kan nie die woord vind nie, ai! Einde van die gesprek. Want hy moet gaan uitvind.

No comments:

Post a Comment