Monday, December 3, 2018

repost from 16 October 2017

Hierdie Saterdag is daar 15000 mense in Rhodes Park vir ‘n baie groot kerk om vir die profeet nog geld te gee, een of ander prosperity kerk van Hillbrow, hulle kerkdienste is groot en baie begeesterd en die mense blok gereeld met hulle hande in die lug die strate in Hillbrow en so aan, te same met die Rea Vya busdienste is dit nogal iets om te negotiate op ‘n daaglikse basis. Maar vanoggend kon mens maklik Hillbrow toe ry as ‘n mens sou wou, maar eintlik was ons veronderstel om Land Art te doen in die park. Intussen op whatsup stroom die hate speech vrolik voort oor die kerkgroep, ek voel erg kwaad en probeer mooi woorde te tik...later is ek net kwaad...intussen met so baie mense in die park is die Land Art vir vandag gekanselleer, alhoewel ek toe nog werk en gras weef en kleure uit sorteer en later park toe gaan… so vroegoggend is ek bietjie doelloos en skakel my whatsup af en bel huis toe…
My ma was weer baie besig die week, gebakte kaaskoek en al, maar die highlight is die besoek aan familie en my peetpa en die seëlklub. Alles op een dag, so toe moes hulle nou so ‘n bietjie rus Vrydag, die hele dag. Die familie besoek het baie goed verloop en almal is so gesond as wat hulle kan wees op 80 plus en my peetpa se vrou is ‘n kunstenaar in Swakopmund dus was daar baie verf stories van woestyn landskappe om vir my te vertel. My ma het ook toe vir my peetpa se vrou van my kuns vertel, ek wil so graag daardie storie hoor, ‘sulke stukkies lap en dan breiwerk, en gras en dan allerhande goed opgeplak’. En ek neem aan my pa sou iets te sé gehad het oor my poskaarte, sölche hesslicher Stückchen papier. Aangesien hy ‘n philatelist is stuur ons altyd op elke reis of special geleenthede geduldig en gedwee poskaarte vir hom, oor die jare het dit ‘n bietjie verander en ek maak nou poskaarte of druk my eie poskaarte om vir hom of aan myself te pos. (Daar is mense wat dink ek is te alleen en daarom stuur ek vir myself pos). Intussen het ek ook nou begin poskaarte stuur vir ‘n paar jong kinders in Loxton asook in De Doorns. So die poskaart projek het eintlik mooi so op sy eie gegroei. Dus ek spandeer baie tyd in poskantore om posmense te oorwin om poskaarte te stempel wat self gemaak is, en almal is eintlik nou al mooi getrain, stempel die seël, dis al, moenie vrae vra nie…elke keer as daar in die algemene publiek gesé word dat die poskantoor nie werk voel ek onder sterk verpligting om nie net die poskantoor te verdedig nie, maar ook te ondersteun dat hulle aan die gang bly, want iemand moet die poskaarte stuur. 
My ma vertel vir my as die poskaarte aankom wil my pa weet hoekom is hulle so lelik en wat moet hy met hulle maak. Hoekom is daar ‘n teesakkie opgeplak, met ‘n briefie binne in, sy hande skud te veel en sy fingers te opgeswel, hy breek aanmekaar die teesakkie…ek verduidelik vir hom dat dit secret letters is…hoekom vra hy, wel ek sit saadjies van ‘n boom in of nuwe blommetjies in my tuin, of ‘n veer of ‘n klein mooi klippie binne in. Hoe kry die poskantoor dit deur hulle sisteem vra hy, ek weet nie, hy dink hardop dat ek die rede is dat die poskantoor se masjien stukkend is en dus die pos so lank neem om aan te kom in die hele wêreld. Hy wil ook weet hoekom is die poskaarte wat ek maak so gebuig, hy sukkel om hulle plat te kry, want anders pas die in geen lêer nie. Hulle lê dae lank onder ‘n klip op sy lessenaar maar hulle kom nie reguit nie. Die gesprek vebeter nie, want die ander dag het ek ou seëls opgeplak, dit maak alles deurmekaar, want dan weet hy nie in watter jaar moet hy die poskaart liaseer nie, vir die nuwe seël, of die ou seël…asook as ek my eie seëls maak weet hy ook nie onder watter land hy dit moet liaseer nie. Ek probeer baie hard verduidelik dat ek spesiale bamboo paper of papier met baie waste cotton in of wat ge-upcycle is gebruik, soms moet ek wag dat dit van die koninginby in Engeland aankom, dan skeur ek die papier, (het jy nie ‘n skêr nie of cutting knife nie, praat hy tussein), dis nie die punt nie, en dan kan ek op die papier plak, stik, naaldwerk doen, (het jy nie genoeg lap om op naaldwerk te doen nie, vra jou ma sy het baie klein stukkies lap sy kan vir jou leën), dan plak ek die teesakkies op en ek hou van die kleur wat die tee aan die papier gee. Ne! Das ist zu kompliseert, ihr seid alle verrück!.
Part of the ongoing connectivity with Loxton is the postcard project that was initiated in April. Very few if any young people have ever received post and the handmade postcards that we were making to send messages to family and friends fascinated them. The postcard project was initiated not only to connect via writing, but also to calculate the days that it takes to deliver a postcard, from which post office was it send and learn a geography as well as an understanding of a timeline. This project has been very exciting and many unintended outcomes have emerged. One was that the 8 young people who received postcards currently were concerned about keeping them (the postcards) safe, the postcards needed a safe space to be kept and none felt that their own home was safe enough.

page4image10496
Detail of postcards from the young learners send to the Boitumelo from Loxton.


page5image392
Young learners collecting their postcards from the postal boxes in Loxton.

Hy voel ook sterk dat Bruma Lake se poskantoor stempel is bietjie te groot, Kensington se stempel is ok, hy kan net nie altyd die datum lees nie, Orange Grove stempel te vinning, die ink is gesmeer, Norwood is ok hulle weet van stempel, en Hillbrow stempel half-half, maar ek kan maar vir die meisie by Bedfordview Poskantoor sê dat sy baie netjies stempel en Greenside sinne is bietjie te liggedruk, jy moet hulle vra om harder te druk. 
Intussen vertel my ma vir my dat ek hom nie moet glo nie, hy is nogal in sy noppies as hy pos kry, al is dit nou nie regte pos volgens hom nie, want hy kan dit vir niemand by die seëlklub wys nie, want niemand sal vertsaan nie. Hulle het baie reëls en my poskaarte sal nie eers in die ope ope klas inpas nie...



No comments:

Post a Comment