Sunday, December 2, 2018

repost from 24 september 2017

Vroegoggend word ek wakker van die song-praising and prayers op die koppie. Ek le en luister na al die stemme vol hoop, eie verwyte en genade en dink daaraan dat ons as mense geloof so nodig het om aan vas te klou. Die hande geklappery, hande in die lug, die kwaad woorde, die geskree, en wonder of dit alles help. Vuiste in die lug om te protesteer maak my ma altyd kwaad, jy lig nie jou vuis vir God nie. Soms as ek ‘n kind hoor huil tussenin die gebede skrik ek ‘n bietjie maar dit is my own prejudice, die kinders kom altyd weer saam af op die rue van hulle maens vas aan die slaap. In die oggende is dit altyd net mans daar bo wat bid, dis praise singers wat om die Scottish Horse Memorial van 1902 hardloop, maar natuurlik was die koppie lank reeds al ‘n heilige plek om te bid en geloof uit te oefen, voor iemand ‘n kruis opgesit het met allerhande sement, graniet, heinings en brons plate met name van dooie soldate en perde op, die is reeds lankal oorverbruik vir iemand wat honger was.
 In ons huishouding was geloof deel van groot word. Gedurende die week het my ma vir ons uit ‘n kinderbybel stories gelees, ja dit was stories, want daar was baie mooi prentjies, ek onthou nog Noag se Ark beste prentjie ooit, alhoewel ek dink later was die wellustige Salome beter met die afgekapte kop op die mooiste blinkste skinkbord, en natuurlik was liewe jesus so wit met blou oe en blonde hare, nog altyd die miracle van die laaste 2 eeue. My ma het dit veral graag aan my boetie uitgewys, want skoon wees was nou net nie sy priority nie veral ore was. Hy weer wou net hoor van die amoniete and filomiete wat alewig mekaar aan die uitmoor was op die wreedste moontlike manier. 
As my pa by die huis was het hy vir ons van die Evolution gelees uit ‘n groot dik Duitse boek nog gedruk in die ou skrif met mooi leer gedrukte buiteblaaie, dus ook swaar en die blasye ‘n blink rand met geen prentjies in nie. M.a.w. voor ons skool toe gegaan het was ons deeglik bewus van die feit dat die 7 donker dae in Egipte nie ‘n wonderwerk was nie maar Vesuvius (Santorini, HET BIETJIE VERGEET!!!). Natuurlik was dit nou net nie die beste storie om in die klaskamer te deel nie, elke keer moes snipperig hier natuurlik se, nee Juffrou Hofmeyer (my SubA Juffrou) dit was nie so nie, dit was Vesuvius (eintlik Santorini). Sy was reeds bietjie grys, krulle hare en‘n oujongnooi soos mens destyds sou se, maar aan die einde van die jaar met my in die klas was haar krulle hare definitief grys. Dus was ek voor daar nog ‘n rooi en of swart gevaar was aan die verkeerde kant van die verhaal, volgens my klasmaatjies was ek aan die kant van die Egiptenare, en hulle het joodse babaseuntjies vermoor Sies! Natuurlik was ek aan die kant van die Egiptenare: wat van die pyramides (PYRAMIDES) met daardie mooi prentjies teen die mure, mummies en stories! Dat ek daarby nog ‘n snaakse van gehad het met ‘n umlaut. Maar ‘n ander ding natuurlik (en daar IS baie ander dinge) was dat vir my Afrikaans ‘n storie taal was en Duits die ‘richtige’ Geshichte Sprache. Die verskil tussen storie en waarheid.
Terwyl ek le en luister na die geweenklaag onthou ek dat ek gedroom het dat my ma ‘n reusagtige koek gebak het, dit was in lae van chocolat, vanilla en pienk, ‘n reenboog koek, ook ‘n favourite verjaarsdagkoek in ons huis, en die koek is met caramel en appelkooskonfyt (nie diesoort uit ‘n blik nie, maar huisgemaakte appelkooskonfyt) aan mekaar gestapel en bo oor is lekker wit icing sugar met bietjie suurlemoensap gemeng wat in sulke mooi punte staan (met ‘n vurk patroontjies gemaak met snipperig se eie hand) en 100’s and Thousands sprinkles en chocalat sprinkles, die mooiste koek. Sy het dit gebak vir die twee klein skooltjies op die dorp, ‘n wit skooltjie en ‘n kleurling skooltjie omdat die laerskoolkinders almal hulle eksamen so mooi deur gekom en almal hulle storieboeke gelees het en teruggegee het vir die biblioteek, baie belangrik want mens het altyd elke 2 weke biblioteek boeke terugegee en definitief voor die stempel se datum, om nie 5 sent boete te betaal nie. Ek was natuurlik daar om dit alles mee temaak (aangesien daar alweer ‘n koek in die storie is en wie anders kon nou sulke mooi patroontjies maak met ‘n vurk). Die kleurling kinders het op bankies gesit aan die een kant van so ‘n groen kombuis kas teen ‘n beige muur met ‘n groot luik wat afgeslaan was sodat hulle die wit kinders kon sien wat aan die ander kant gesit het aan ‘n kombuistafel met ‘n pienk strepe en blou blommetjie plastiek tafeldoek oor. Dit ruik alles so koshuiserig of wat ek dink ‘n koshuis ruik na aangesien beige altyd so ruik. My ma gee die reuse koek wat met 4 hande gedra moes word aan ‘n juffrou/matrone/iemand in charge en verduidelik dat almal ‘n stuk koek moet kry. Dit gebeur toe nie, nagmerrie! En my ma is vreeslik kwaad, net die wit kinders het koek gekry. Intussen is ek besig om vir ‘n man (bedelaar?) wat my gesoebat het om koffie te maak in ‘n plastiek sak, moenie vra nie! En my pa kom hoogsbedonnerd by my aan en se klim ons moet ry. Eers in die kar hoor ek die koek saga en dat ons twee ‘n koek moet gaan koop, waar vra ek (snipperig) hier is net ‘n Spar met sulke nagemaakte roomgoed wat aanmekaar geslaan is met ‘n bietjie koek tussenin…dis toe ek wakker word van die gesingery op die koppie…
My ma bel en se: dis Saterdagoggend en ons het nog niks van jou gehoor nie, le jy nog in die bed? Ek skrik eers want as sy so vroeg bel is iemand dood, gelukkig nie maar my hart gooi so ‘n paar vinnige draaie en ek rits name af van potentiele slagoffers in my kop. Ek vertel vir haar van my droom, sy is sommer gou verergd: ek sal my so vervies het vir daardie vrou, so tipies om net eers vir jou eie te sorg en aan niemand anders te dink nie, hoe moet daardie kinders voel, nee liewe land ek sal haar sommer ‘n klap gee, ek se dit was net ‘n droom Mutti, maar sy is goed op stoom soos die trein wat op en af elke dag verby ons huis in Mabel Straat getjoek-tjoek het na die quary toe, sy gaan voort en sê: 'nee! dit het reeds te veel in my lewe gebeur dat ander mense so sonder gewete is, selfs toe ek op skool was kan ek onthou dat sulke dinge met die kleurling kinders gebeur het wat langs ons gewoon het en dan het jou Ouma Toek so arm soos ons was net daar in die straat afgeloop en vir almal wat wou luister die storie vertel, selfs vir die juffrou/matron/iemand wat sy van haar dink, maar niemand sou met so iets weggekom het nie as sy nog geleef het!' Sy sou gese het: Mens maken niet so! In elke geval jou pa sou nie Spar toe gery het om ‘n roomkoek te gaan koop nie, ek hoor hom iets se in die agtergrond, sy gaan voort, hy sou geweier het. 'Da hast du recht!' hoor ek hom se, want hy koop nie koek in ‘n winkel nie, ons sou ‘n nuwe koek moes bak - jy het seker gedroom. 
Ek wou nog gevra het oor vliee en vadoeke maar besluit toe om dit te los vir ‘n ander Saterdag.

No comments:

Post a Comment