Monday, December 3, 2018

repost from 4 desember 2017

Die melodië van die koppie is mooi vanoggend, dit lyk na reën en ek hardloop rond om by al die certificate ceremonies en performances van al my verpligtinge vir die dag na te kom. Weet nie of daar tyd is om my ma te bel nie. Die goue hennetjie besluit sy bly op haar leer van oggend, niks kan haar skuif na buite toe nie, nie kos nie, nie eens die bedonderde haas nie. 
Die week het die studio by die werk oorstroom van al die reën en die material is nat en ek bedoel kilogramme van sy, satyn, switserse kant, linne, 100% katoen, en baie wol. Dit is glad nie eers moontlik om die skade uit te werk nie. Tussen al die salvage operations wat ek probeer doen en soek naastiglik hulp by almal, wat nêrens van daan kom nie, besluit my animal farm nou om ook ‘n revolusie te hou. Die goue hennetjie vlieg na die bure toe wie se jack russel net nie haar geluk kan beter wys nie as om al die goue hennetjie se stertvere uit te byt nie. Met baie gesukkel kry ek haar terug, sit met haar op my skoot om haar te kalmeer. Ek gaan later werk toe om e-mails te stuur en ‘n bietjie van die material uit die skip te red. (Want almal glo alles moet weggegooi word.) My hart is baie seer. Ek haal stukke linne, sy en katoen uit die skip, tel bietjies en stukkies kant op, maar besluit om huis toe te kom, ek kan nie nou probeer verduidelik aan almal dat hierdie material onbetaalbaar is nie. Ek voel heeltemal hopeloos te verpleterd.
By die huis is die bedonderde haas aan die verkeerde kant van die haas/hoender skeidslyn, en die goue hennetjie is weg. Ek soek, en roep in kyk in die bure se tuine, net niks, ek kan haar ook nie hoor nie, want sy is vreeslik raserig en maak al haar klagtes baie audible. Ek begin soek vir die lyk, en het reeds ‘n kombers reg vir die begrafnis. Oorkant my huis is die Caledonian koppie en ek het ‘n klein begrafplaas aan die gang vir al die diere. Hier lê Mathilde, Getrude, en Honey en die nuwe hennetjie van Maandagaand. 
Ek is sommer mismoedig en drink te veel koffie. Ek hoor my ma se stem wat sê, moenie worry nie sy sal terugkom. Ek skryf ‘n boodskap op die neighbourhood netwerk what’s up group dat almal moet help soek na die goue hennetjie…39 boodskappe later van raad, hulp en snedige aanmerkings (daar is net 21 huise in ons blok) besluit ek om met Maggie en Stefano ‘n perimeter walk te doen, ons doen dit gereeld vir security reasons om seker te maak dat alles veilig is. Merlin loop saam, want hy weier om agtergelaat te word. Maggie vooruit en soek orals. Hier skielik spring die goue hennetjie uit en vlieg in my vas, almal is nou baie verward en blaf. Elke geval sy het toe net baie goed weggekruip van die bedonderde haas, want toe hy haar sien storm hy weer op haar af. Animal farm in opstand.
Ek teks die neighbourhood whatsup groep om te sê dat hulle maar die soektog kan afstel, want ek het haar gevind. Nog 17 boodskappe later en almal wil weet watter soort hoenders ek het, want hulle hoeders het pedigrees. Ek antwoord dat ek hoenders en boeke op dieselfde manier koop, as die patron en kleur mooi is koop ek die boek of hoender. Kunstenaars soek nie pedigrees nie, hulle soek mooi kleure. 
Ek besluuit tog om my ma gou te bel Saterdagoggend terwyl ek regmaak vir my verpligtinge. Ek vertel dat almal nou weer terug op die erf is en vertel haar van my week. Sy sê gaan koop nou vir die twee Imbali studente ‘n mooi sjokolade, ‘n grote nie ‘n gewone een nie en gaan nou en gaan vier hulle groot moment. Hulle het hard gewerk, en jy weet dat jy altyd daar was. Moenie nou moed op gee nie. Iemand wat by die rubbish dump werk sal wel al die mooi material raak sien en wie weet miskien sien die persoon wat jy sien. Net nou is daar ‘n hele nuwe reeks rubbish up-cycled fashion week aan die gang voor jy weet. Dan gaan jy na die end of year produksie neem mooi fotos vir Gerard , want hy waardeer dit ten minste. Gaan dan en eet saam met Vernon iewers, hy sal raad hê vir jou en jou hart laat beter voel. Anyway! Jy kan nie trane stort oor dit wat ander mense weggooi nie!

No comments:

Post a Comment