Monday, December 3, 2018

repost from 16 October 2017

Hierdie Saterdag is daar 15000 mense in Rhodes Park vir ‘n baie groot kerk om vir die profeet nog geld te gee, een of ander prosperity kerk van Hillbrow, hulle kerkdienste is groot en baie begeesterd en die mense blok gereeld met hulle hande in die lug die strate in Hillbrow en so aan, te same met die Rea Vya busdienste is dit nogal iets om te negotiate op ‘n daaglikse basis. Maar vanoggend kon mens maklik Hillbrow toe ry as ‘n mens sou wou, maar eintlik was ons veronderstel om Land Art te doen in die park. Intussen op whatsup stroom die hate speech vrolik voort oor die kerkgroep, ek voel erg kwaad en probeer mooi woorde te tik...later is ek net kwaad...intussen met so baie mense in die park is die Land Art vir vandag gekanselleer, alhoewel ek toe nog werk en gras weef en kleure uit sorteer en later park toe gaan… so vroegoggend is ek bietjie doelloos en skakel my whatsup af en bel huis toe…
My ma was weer baie besig die week, gebakte kaaskoek en al, maar die highlight is die besoek aan familie en my peetpa en die seëlklub. Alles op een dag, so toe moes hulle nou so ‘n bietjie rus Vrydag, die hele dag. Die familie besoek het baie goed verloop en almal is so gesond as wat hulle kan wees op 80 plus en my peetpa se vrou is ‘n kunstenaar in Swakopmund dus was daar baie verf stories van woestyn landskappe om vir my te vertel. My ma het ook toe vir my peetpa se vrou van my kuns vertel, ek wil so graag daardie storie hoor, ‘sulke stukkies lap en dan breiwerk, en gras en dan allerhande goed opgeplak’. En ek neem aan my pa sou iets te sé gehad het oor my poskaarte, sölche hesslicher Stückchen papier. Aangesien hy ‘n philatelist is stuur ons altyd op elke reis of special geleenthede geduldig en gedwee poskaarte vir hom, oor die jare het dit ‘n bietjie verander en ek maak nou poskaarte of druk my eie poskaarte om vir hom of aan myself te pos. (Daar is mense wat dink ek is te alleen en daarom stuur ek vir myself pos). Intussen het ek ook nou begin poskaarte stuur vir ‘n paar jong kinders in Loxton asook in De Doorns. So die poskaart projek het eintlik mooi so op sy eie gegroei. Dus ek spandeer baie tyd in poskantore om posmense te oorwin om poskaarte te stempel wat self gemaak is, en almal is eintlik nou al mooi getrain, stempel die seël, dis al, moenie vrae vra nie…elke keer as daar in die algemene publiek gesé word dat die poskantoor nie werk voel ek onder sterk verpligting om nie net die poskantoor te verdedig nie, maar ook te ondersteun dat hulle aan die gang bly, want iemand moet die poskaarte stuur. 
My ma vertel vir my as die poskaarte aankom wil my pa weet hoekom is hulle so lelik en wat moet hy met hulle maak. Hoekom is daar ‘n teesakkie opgeplak, met ‘n briefie binne in, sy hande skud te veel en sy fingers te opgeswel, hy breek aanmekaar die teesakkie…ek verduidelik vir hom dat dit secret letters is…hoekom vra hy, wel ek sit saadjies van ‘n boom in of nuwe blommetjies in my tuin, of ‘n veer of ‘n klein mooi klippie binne in. Hoe kry die poskantoor dit deur hulle sisteem vra hy, ek weet nie, hy dink hardop dat ek die rede is dat die poskantoor se masjien stukkend is en dus die pos so lank neem om aan te kom in die hele wêreld. Hy wil ook weet hoekom is die poskaarte wat ek maak so gebuig, hy sukkel om hulle plat te kry, want anders pas die in geen lêer nie. Hulle lê dae lank onder ‘n klip op sy lessenaar maar hulle kom nie reguit nie. Die gesprek vebeter nie, want die ander dag het ek ou seëls opgeplak, dit maak alles deurmekaar, want dan weet hy nie in watter jaar moet hy die poskaart liaseer nie, vir die nuwe seël, of die ou seël…asook as ek my eie seëls maak weet hy ook nie onder watter land hy dit moet liaseer nie. Ek probeer baie hard verduidelik dat ek spesiale bamboo paper of papier met baie waste cotton in of wat ge-upcycle is gebruik, soms moet ek wag dat dit van die koninginby in Engeland aankom, dan skeur ek die papier, (het jy nie ‘n skêr nie of cutting knife nie, praat hy tussein), dis nie die punt nie, en dan kan ek op die papier plak, stik, naaldwerk doen, (het jy nie genoeg lap om op naaldwerk te doen nie, vra jou ma sy het baie klein stukkies lap sy kan vir jou leën), dan plak ek die teesakkies op en ek hou van die kleur wat die tee aan die papier gee. Ne! Das ist zu kompliseert, ihr seid alle verrück!.
Part of the ongoing connectivity with Loxton is the postcard project that was initiated in April. Very few if any young people have ever received post and the handmade postcards that we were making to send messages to family and friends fascinated them. The postcard project was initiated not only to connect via writing, but also to calculate the days that it takes to deliver a postcard, from which post office was it send and learn a geography as well as an understanding of a timeline. This project has been very exciting and many unintended outcomes have emerged. One was that the 8 young people who received postcards currently were concerned about keeping them (the postcards) safe, the postcards needed a safe space to be kept and none felt that their own home was safe enough.

page4image10496
Detail of postcards from the young learners send to the Boitumelo from Loxton.


page5image392
Young learners collecting their postcards from the postal boxes in Loxton.

Hy voel ook sterk dat Bruma Lake se poskantoor stempel is bietjie te groot, Kensington se stempel is ok, hy kan net nie altyd die datum lees nie, Orange Grove stempel te vinning, die ink is gesmeer, Norwood is ok hulle weet van stempel, en Hillbrow stempel half-half, maar ek kan maar vir die meisie by Bedfordview Poskantoor sê dat sy baie netjies stempel en Greenside sinne is bietjie te liggedruk, jy moet hulle vra om harder te druk. 
Intussen vertel my ma vir my dat ek hom nie moet glo nie, hy is nogal in sy noppies as hy pos kry, al is dit nou nie regte pos volgens hom nie, want hy kan dit vir niemand by die seëlklub wys nie, want niemand sal vertsaan nie. Hulle het baie reëls en my poskaarte sal nie eers in die ope ope klas inpas nie...



repost blou truitjie 10 otober 2017

Die vorige Saterdagoggend was ek te gewond om ‘n woord te skryf oor die week se gebeure in Hillbrow en die laaste Saterdag het my ma soveel te se gehad oor al my onvermoe met die lewe in algeheel, dat ek te veel aan durf en soaan, dus kon ek net ‘n paar sinne uitwurg…
So die vorige vorige Saterdag is ek vroegoggend na Thembalami Deaf Centre en ouetehuis toe en nog ‘n paar ander tehuise te same om hulle stoorkamer reg te pak en al die donasies wat hulle gereeld kry uit te sorteer. My ma kon net nie ophou raas en blaas met my nie toe sy dit hoor. 'Kyk hoe lyk jou huis en dan gaan jy wragtig en pak iemand anderste se kaste reg, nie liewe hemel Erica jy moet jou kop laat lees!. En wat het jy nou weer van daaraf huis toe gesleep, en hoekom het jy nog brienaalde nodig, jy het moes oorgenoeg, ja maar (probeer ek dwars ‘n woord inkry) my breinaalde is otherwisely occupied…wel dit is omdat jy 10 komberse aan die brei het, hier staan ook nog ‘n boks met ‘n halwe kombers in die garage, my pa brom iets in die agtergrond van ‘n blou suitcase en Hospice, brei een klaar voor jy ‘n nuwe een begin, (ek probeer weer dwars ‘n sin inkry).' Mutti, jy verstaan nie, ek begin brei dan is die kombers klein en ek kan dit maklik rondneem in my breisak en orals brei, veral in daardie lang eentonige meetings waar dieselfde mans se stemme net aaneendreun…maar dan as die kombers te groot word, te swaar is en nie meer in die breisak pas nie moet ek dit by die huis klaar brei dan moet ek ‘n nuwe kombers begin om weer saam te neem vir al die eendraderige meetings. As snipperig nie brei se sy goed wat die hele nasie opwerk, soos tannie Lettie op Ingrid se stoep in Loxton tereggesé het: ‘jy is ‘n weerstandige vrou’. As ek brei kalmeer dit my en ek onstel nie die mans nie, dus moet ek brei. 'Jy moet niks nie, weet jy ooit waar is al jou goed, nee nie eintlik nie, het in die week ‘n kombers gevind wat ek 5 jaar terug begin het, dit is die lugbesoedeling kombers. Die watse kombers vra my pa…ek hoor eintlik hoe my ma haar kop skud…'
In elke geval ek het net 46 pare breinaalde terug gebring van Thembalami Centre en moet weer terug gaan om die res van die goed uit te sorteer. (jy gaan weer soontoe vra sy verstom) Ja, daar is drie groot boxse vol breipenne…'brei niemand meer nie, dit is so ‘n goeie hand oog koordinasie oefening sé sy. Elke kind in al die skole behoort te brei, maar dis nou weer soos die skole vandag is geen meer breiklasse vir almal nie'. Voor tannie Naledi ook nog vanoggend deurloop waag snipperig hier om te vra of sy dalk aan ‘n lekker projek kan dink waarmee ek kan begin want dit sal eintlik wonderlik wees om nogal iets amazings te doen met ouetehuise en jong mense. 'Moet nou net nie vir my vra om nog vir jou ook te brei nie ek het genoeg breiwerk en wol en in elke geval kan nie alles opbrei voor ek doodgaan nie'…(eintlik is dit my pa se byline oor alles in die lewe dus is ek nogal sparkeloos toe sy dit uithaal en se) en in hierdie dorp is niemand lus om aan ‘n projek te werk nie! So vir ‘n paar minute is die wind so ‘n bietjie deur my hare gewaai. Maar my comeback time is nogal sterk…'ok! ek gaan aan iets dink…ja s sy dink maar aan iets jy sal seker weer ‘n mal plan uitdink, maar pak jou kaste eers reg…
Hierdie Saterdag was die hele gesprek ‘n herhaling van laas week se gesprek behalwe dat ek nie Thembalami toe gegaan het nie en dis ‘n amper echo weergawe van laas Saterdag se geraas…maar die outcome is nog dieselfde, ek brei vir niks en niemand nie en moet ook nie vir iemand in die dorp vra om te help brei nie, (maar die week praat sy nie oor voor sy doodgaan nie). My pa vra vir my ma om vir my te vra hoekom ek nie liewerste so ‘n ganstrui brei nie. Soos die een wat hy ‘n foto van geneem het in 1982 en hy giggle plesierig…Ek was op Art College in Woodstock, Ruth Prowse, en het vir my ‘n trui gebrei met ganse op, nogal nie bad om ‘n patron te brei en so aan nie, was bietjie lank, maar volgens my pa was die ganse se nekke so lank soos ek was en dat terwyl ek aan die trui gebrei het met recycled wol wat ek van 3 ander truie uitgetrek het, het hy my gewaarsku oor die ganse se nekke…dit is een van sy stories wat hy baie graag oor en oor vertel, en dan die foto gaan soek, dit neem so drie dae en dan met groot getrompetter en lawaai aan almal in sy e-mail lys stuur en ook natuurlik vir snipperig hier. En dan het die hele familie iets te sé. Maar ek moet hom darem die eer toeken, hy was die enigste een in die familie wat met my gewaag het om in die publiek te verskyn, want saam met die ganstrui het ek ook hoedens gedra, snaakse rokbroeke, secondhand shop finds (waistcoats, pers onderrokke en so aan) en my eie toerustings met mooi kleure, baie beads, vere, shells en het allerghande goeters gemaak om in my hare te draai. My ma het met totale finaliteit geweier om saam met my in die straat te loop, ek gee my nie uit vir ‘n toffie in die public nie…so ek wil nie gesien word met jou nie en ek dink my susters was te klein en moes hulle om haar ordentlike rok skaar. Dus terug by die ganstrui, na my mening was dit nogal ‘n baie ordinere en doodgewone trui, nou nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie, wit ganse en ‘n blou agtergrond, baie simpel. Maar die ewigdurende lang gansnekke trui gee nogsteeds vir my pa ure se plesier jare later.


Sunday, December 2, 2018

repost from 24 september 2017

Vroegoggend word ek wakker van die song-praising and prayers op die koppie. Ek le en luister na al die stemme vol hoop, eie verwyte en genade en dink daaraan dat ons as mense geloof so nodig het om aan vas te klou. Die hande geklappery, hande in die lug, die kwaad woorde, die geskree, en wonder of dit alles help. Vuiste in die lug om te protesteer maak my ma altyd kwaad, jy lig nie jou vuis vir God nie. Soms as ek ‘n kind hoor huil tussenin die gebede skrik ek ‘n bietjie maar dit is my own prejudice, die kinders kom altyd weer saam af op die rue van hulle maens vas aan die slaap. In die oggende is dit altyd net mans daar bo wat bid, dis praise singers wat om die Scottish Horse Memorial van 1902 hardloop, maar natuurlik was die koppie lank reeds al ‘n heilige plek om te bid en geloof uit te oefen, voor iemand ‘n kruis opgesit het met allerhande sement, graniet, heinings en brons plate met name van dooie soldate en perde op, die is reeds lankal oorverbruik vir iemand wat honger was.
 In ons huishouding was geloof deel van groot word. Gedurende die week het my ma vir ons uit ‘n kinderbybel stories gelees, ja dit was stories, want daar was baie mooi prentjies, ek onthou nog Noag se Ark beste prentjie ooit, alhoewel ek dink later was die wellustige Salome beter met die afgekapte kop op die mooiste blinkste skinkbord, en natuurlik was liewe jesus so wit met blou oe en blonde hare, nog altyd die miracle van die laaste 2 eeue. My ma het dit veral graag aan my boetie uitgewys, want skoon wees was nou net nie sy priority nie veral ore was. Hy weer wou net hoor van die amoniete and filomiete wat alewig mekaar aan die uitmoor was op die wreedste moontlike manier. 
As my pa by die huis was het hy vir ons van die Evolution gelees uit ‘n groot dik Duitse boek nog gedruk in die ou skrif met mooi leer gedrukte buiteblaaie, dus ook swaar en die blasye ‘n blink rand met geen prentjies in nie. M.a.w. voor ons skool toe gegaan het was ons deeglik bewus van die feit dat die 7 donker dae in Egipte nie ‘n wonderwerk was nie maar Vesuvius (Santorini, HET BIETJIE VERGEET!!!). Natuurlik was dit nou net nie die beste storie om in die klaskamer te deel nie, elke keer moes snipperig hier natuurlik se, nee Juffrou Hofmeyer (my SubA Juffrou) dit was nie so nie, dit was Vesuvius (eintlik Santorini). Sy was reeds bietjie grys, krulle hare en‘n oujongnooi soos mens destyds sou se, maar aan die einde van die jaar met my in die klas was haar krulle hare definitief grys. Dus was ek voor daar nog ‘n rooi en of swart gevaar was aan die verkeerde kant van die verhaal, volgens my klasmaatjies was ek aan die kant van die Egiptenare, en hulle het joodse babaseuntjies vermoor Sies! Natuurlik was ek aan die kant van die Egiptenare: wat van die pyramides (PYRAMIDES) met daardie mooi prentjies teen die mure, mummies en stories! Dat ek daarby nog ‘n snaakse van gehad het met ‘n umlaut. Maar ‘n ander ding natuurlik (en daar IS baie ander dinge) was dat vir my Afrikaans ‘n storie taal was en Duits die ‘richtige’ Geshichte Sprache. Die verskil tussen storie en waarheid.
Terwyl ek le en luister na die geweenklaag onthou ek dat ek gedroom het dat my ma ‘n reusagtige koek gebak het, dit was in lae van chocolat, vanilla en pienk, ‘n reenboog koek, ook ‘n favourite verjaarsdagkoek in ons huis, en die koek is met caramel en appelkooskonfyt (nie diesoort uit ‘n blik nie, maar huisgemaakte appelkooskonfyt) aan mekaar gestapel en bo oor is lekker wit icing sugar met bietjie suurlemoensap gemeng wat in sulke mooi punte staan (met ‘n vurk patroontjies gemaak met snipperig se eie hand) en 100’s and Thousands sprinkles en chocalat sprinkles, die mooiste koek. Sy het dit gebak vir die twee klein skooltjies op die dorp, ‘n wit skooltjie en ‘n kleurling skooltjie omdat die laerskoolkinders almal hulle eksamen so mooi deur gekom en almal hulle storieboeke gelees het en teruggegee het vir die biblioteek, baie belangrik want mens het altyd elke 2 weke biblioteek boeke terugegee en definitief voor die stempel se datum, om nie 5 sent boete te betaal nie. Ek was natuurlik daar om dit alles mee temaak (aangesien daar alweer ‘n koek in die storie is en wie anders kon nou sulke mooi patroontjies maak met ‘n vurk). Die kleurling kinders het op bankies gesit aan die een kant van so ‘n groen kombuis kas teen ‘n beige muur met ‘n groot luik wat afgeslaan was sodat hulle die wit kinders kon sien wat aan die ander kant gesit het aan ‘n kombuistafel met ‘n pienk strepe en blou blommetjie plastiek tafeldoek oor. Dit ruik alles so koshuiserig of wat ek dink ‘n koshuis ruik na aangesien beige altyd so ruik. My ma gee die reuse koek wat met 4 hande gedra moes word aan ‘n juffrou/matrone/iemand in charge en verduidelik dat almal ‘n stuk koek moet kry. Dit gebeur toe nie, nagmerrie! En my ma is vreeslik kwaad, net die wit kinders het koek gekry. Intussen is ek besig om vir ‘n man (bedelaar?) wat my gesoebat het om koffie te maak in ‘n plastiek sak, moenie vra nie! En my pa kom hoogsbedonnerd by my aan en se klim ons moet ry. Eers in die kar hoor ek die koek saga en dat ons twee ‘n koek moet gaan koop, waar vra ek (snipperig) hier is net ‘n Spar met sulke nagemaakte roomgoed wat aanmekaar geslaan is met ‘n bietjie koek tussenin…dis toe ek wakker word van die gesingery op die koppie…
My ma bel en se: dis Saterdagoggend en ons het nog niks van jou gehoor nie, le jy nog in die bed? Ek skrik eers want as sy so vroeg bel is iemand dood, gelukkig nie maar my hart gooi so ‘n paar vinnige draaie en ek rits name af van potentiele slagoffers in my kop. Ek vertel vir haar van my droom, sy is sommer gou verergd: ek sal my so vervies het vir daardie vrou, so tipies om net eers vir jou eie te sorg en aan niemand anders te dink nie, hoe moet daardie kinders voel, nee liewe land ek sal haar sommer ‘n klap gee, ek se dit was net ‘n droom Mutti, maar sy is goed op stoom soos die trein wat op en af elke dag verby ons huis in Mabel Straat getjoek-tjoek het na die quary toe, sy gaan voort en sê: 'nee! dit het reeds te veel in my lewe gebeur dat ander mense so sonder gewete is, selfs toe ek op skool was kan ek onthou dat sulke dinge met die kleurling kinders gebeur het wat langs ons gewoon het en dan het jou Ouma Toek so arm soos ons was net daar in die straat afgeloop en vir almal wat wou luister die storie vertel, selfs vir die juffrou/matron/iemand wat sy van haar dink, maar niemand sou met so iets weggekom het nie as sy nog geleef het!' Sy sou gese het: Mens maken niet so! In elke geval jou pa sou nie Spar toe gery het om ‘n roomkoek te gaan koop nie, ek hoor hom iets se in die agtergrond, sy gaan voort, hy sou geweier het. 'Da hast du recht!' hoor ek hom se, want hy koop nie koek in ‘n winkel nie, ons sou ‘n nuwe koek moes bak - jy het seker gedroom. 
Ek wou nog gevra het oor vliee en vadoeke maar besluit toe om dit te los vir ‘n ander Saterdag.

repost from 18 september 2017

Dit is Saterdagoggend en ek is besig om vroegoggend al aan ‘n artbook te werk. Ek bel my ma om te hoor hoe dit gaan. Nee, se sy hulle het nou net klaar gebreakfast en sit met hulle voete op ‘n stoel en gesels. Ek wil amper se gaan dit snoei (sneeu). Ek sug kleinbietjie van verligting, m.a.w. daar is geen groot uitgeryste koek om my skrik te maak nie. En hulle het nou net oor my gepraat en hoop dit gaan beter veral by die werk. Wat maak jy vra sy? Ek verduidellik vir haar dat ek besig is met die boek oor die Melville koppies, want ek moet klaar weef en stitch van die papier, lap en gras wat ek versamel het toe ons op die toer was met Wendy Carstens, ‘n paar weke gelede. 'Womit ist sie beschaftig' hoor ek my pa vra in die agtergrond, my ma probeer om vir hom te verduidelik en ek hoor hom brom, 'dis seker weer ‘n ancestor ding', ja se my ma aan albei van ons dit klink soos een van Erica se baie bedrywige goed wat sy alewig aan die maak is. Maar wat belangrik is se sy vir my dat jy iets vir jouself doen. Ons praat oor hulle lekker ontbyt dat dit koud is en hulle snoesig warm op die stoep sit, haar kombuis is klaar aan die kant en alles weggepak. 
In my ma se baie gewone maar ordentlike kombuis wat altyd aan die kant is, m.a.w. elke pot het ‘n deksel, elke pyrex bak het ‘n deksel, en selfs elke Tupperware het ‘n deksel, en alhoewel elke een van ons ernstig besig is oor die laaste paar jare om van ons Tupperware ontslae te raak, (dit beteken om vir knope of stukkies lap te gebruik) kan sy nie die deksels oopkry nie en ek kan nie die deksels vind nie het ons nog steeds hopeloos te veel tupperware. In my ma se kombuis het alles altyd ‘n deksel, iets wat ek maar net van kan droom. Met die laaste huis se omtrek het ek ‘n sakvol ekstra deksels gedonate aan Hospice en het toe met die uitpakkery by die nuwe huis die houers gevind, nou nog vies vir myself, moes al die deksels weet terug koop van Hospice. Een van die dinge wat ek altyd vir my self as motivational monologues sê, 'eendag sal jy groot wees en deksels he vir alles'.
Maar dis nie al nie, my suster, die koniginby van Windsor, bel my gedurende die week om baie baie opgewonde en vinnig te vertel dat sy 5 Le Cruesen, La Cresseee, La something whatever potte en panne gekoop het. Ek se alles op een slag, dis verskriklik baie geld, ja se sy dit is so mooi en om in te kook net fantasties. Vir ‘n moment is ek nogal vies vir haar, sy koop 5 potte en panne van ‘n fancy duur maatskappy en kan nie eers die naam uitspreek nie. Ek skud my kop om die groen draak skrik te maak en vra watter kleur, nee se sy dis net grys, een of ander fancy non stick gedoente, ek sug en werk uit in my kop dat selfs op ‘n special dit 4 maande se huis paaiemente is, my ma sal iets te se het hieroor, sulke spandabelrigheid om 5 potte op dieselfde tyd te koop. Toe sy en my pa getrou het moes hulle die een pot en pan by die OK Bazaars af betaal en selfs met ‘n baba (dis nou ek wat so vining moes op die aarde kom, want ek het so baie om doen) en al, moes hulle met een pot en pan klaarkom. Eers later, baie later kon sy waterlose potte bekostig…Destyds het ‘n mens gespaar en een pot op ‘n slag gekoop, onthou jy nog Erica die klein waterlose pot was ‘n hele R45 , dit was baie geld. Terug by die telefoongesprek met Windsor…Sy se toe die wonderlike ding is dat al die deksels op elke pot pas en dus is daar net 2 deksels, ek dink saggies soos die groen draak weer ‘n verskyning maak, die cheek dat jy 5 potte koop en net 2 deksels kry, die dat dit op ‘n special was, niks is ooit verniet in hierdie dorp nie. My ma sal ontsaglik baie kommentaar het oor hierdie potte. 
Terug by my ma se gesprek Saterdagoggend; het jy gehoor dat jou suster sulke verskriklike duur potte gekoop het, ja se ek, dink jy nie dis darem baie geld nie vra sy my, ek se ja dis baie geld, nee oh liewe land Erica!! dis ‘n plaas se geld, destyds toe ons getrou het nog voor jy nog daar was het ons net een pot en pan gehad, ek het dit nog oor 6 maande afbetaal met my Sanlam salaris. Onthou jy nog toe Vati vir my daardie eerste waterlose pot gekoop het, dit was baie geld, en later toe ons die klein pot vir jou gaan koop, wat was dit nie R45, ja ek onthou. Nou kos dieselfde pot blykbaar oor die R400 of so iets; iemand in die dorp wie se dogter nou net waterlose potte gekoop het, het vir haar vertel. En verder se sy dis blykbaar Franse potte, ek hoor my pa in die agtergrond grom, van waanner kan die Franse kook, wat weet hulle van kosmaak. Net om te verduidelik: volgens my pa kan net my ma kook, dit is omdat sy gedurende die laaste 54 jaar net vir hom gekook het tot en met die laaste bietjie sout en suiker, hy sal nie eens sy voete vir ‘n emergency in ‘n Wimpy sit nie en KFC se reuk maak hom naarrrrr. En hy rol tog sy rrrrrr’e so mooi as hy Afrikaans praat en terselfde tyd sooooo verontwaardig voel.

repost 11 september 2018

So die vorige week Saterdag bel ek nie my ma nie, want ek het met verbete doelgerigdheid tyd nodig om die chocalat koek weer te bak. Want die resep se Vier Groot Maklike Koeke vir Enigeen, asseblief ek wil ook enigeen wees vir eendag. Dit pla haar glad nie, want sy stuur op Whatsup vir my 'n foto van haar Saterdag kunsvernuf in die kombuis, 'n Marmerkuchen wat vir niks skrik nie, mooi uitgerys en die chocalat eweredig versprei in die koek. So Marmerkuchen is my favourite, maar in ons huishouding 'n bietjie van 'n verligting want dit is 'n sirkel koek, m.a.w. daar is nie 'n kant of rant om oor te baklei nie... Dit beteken dat my ma die koek kan aansny sonder 'n amper bloedige revolusie om haar, maar met 'n marmerkuchen kom die bloedige revolusie eers as die koek aangesny is. Dis dan wanneer ons kan 'sien' waar die meeste chocalate in die koek is. In elke geval ek whatsup haar toe terug en se die koek is baie mooi en ek is hartseer dat ek kan nie saam eet nie. Intussen bak/brou ek nou met 'n verwoede energie en lees elke afmeting asook die instruksies drie keer deur. Die koek maak ek presies soos die resep se...en met vreeslike entoesiasme haal ek die koek uit die oond en dis nie gebreek nie. My smile is soos sonlig en ek stuur whatsup fotos van my meesterstuk...Dis voor ek die koek aansny, so droog soos die damme in die WesKaap...ek bel nie my ma nie, want ek het nie meer vyestroop nie...
Maar ek kan nie meer as 14 dae stilbly nie, dit is uiters lelik van my en waag dus om haar weer hierdie Saterdag laat oggend te bel. Daar is so 'n lang lys goed van wat sy alreeds in die kombuis reggekry het dat ek eers heeltemal verward raak van watter dag in die week sy praat en kan niks onthou nie. Vroegoggend het sy konfyt gekook, (ek probeer in my kop uitwerk wat is in seisoen dat sy dit sommer so gou kan kook), vyekonfyt kan
dit nie wees nie, dis amper en 'n moerse maand se werk. Toe het sy twee hoendersborsies gaargemaak vir 'n ligte ete vir haar en my pa vir Sondagaand. Vrydagaand het sy aartappelslaai gemaak, weerens daardie soort wat 24 uur in bietjie gurken juice en fyn gesnipperde uie marineer en elke 2 na 3 ure saggies omgeroer word voor mens gewone yoghurt en 'n klein bietjie mayonaise oor meng en dan oornag laat staan, dan gekookte eier en paprika bo-oor strooi. Die paprika nie die eier nie, die word in kwarte gesny...
Sy vra toe natuurlik wat maak ek, en voor ek kan antwoord word vir my 'n hele lys van goed gese wat ek moet doen: 'sorteer jou goed uit en gooi weg wat jy nie gebruik nie, pak jou yskas reg, en onthou dat jy die recycling ordentlik doen, kyk onder die plastiekbottels watter nommer daarop staan, en moenie Pick&Pay toe gaan sonder sakke nie...en maak tyd vir jouself anders lyk jy altyd so moeg en gebruik jou oogroom...Elke het dit spesiall vir jou saamgebring!'...Ja, ek gebruik die oogroom, help niks...kan nog steeds nie 'n chocalat koek bak nie..

repost from 28 Augustus 2017

Saterdag, laat oggend bel ek my ma om te hoor wat sy maak: 'Nee, se sy die macoroni en kaas is nou net in die oond, die baksel beskuit is klaar opgesny en reg om uit te droog en die muesli koel af en dan kan ek dit ook wegpak, en alles gemaak net met een keer se oond aanskakel.' Om te verduideling die muesli wat sy maak sal enige "Luxury Swiss with exstra nuts and whatever" laat huil. Nou gaan sy sit en aan haar quilting werk tot middagete. En so vra sy wat ek maak. Wel, het die hele oggend rongehardloop om goed te koop vir Boitumelo en my huishouding, is baie moeg. On Sunday after hearing about the tragic news at the Hillbrow Theatre I decided to bake a chocalate cake for Gerard Bester to make him feel a little better. Surely some of that wonderful D.N.A should have made themselves at home in my fingers and wooden spoon. And then to really only switch the oven on once I will make pizza for supper. En ek maak vierkantige pizzas, want geen deeg rol uit in 'n sirkel nie. Well, the chocalate cake breaks into a 1000 pieces and the pizza into only 5 pieces. While I stare at my miserable non D.N.A. abilities the phone rings. My ma is vreeslik kwaad vir my omdat ek haar niks van die Hillbrow Theatre storie vertel het nie, en volgens haar was ek natuurlik daar en het haar nie gese nie. Nadat ek vir haar mooi verduidelik het en sy my amper glo vertel ek vir haar van my gebreekte koek. Ag se sy, 'gooi vye stroop bo-oor en maak lekker custard en gooi bo-oor en niemand sal iets agterkom nie'!.

poskaarte van loxton

it is a saturday and no calls from my mother, everything has changed, it is the first of december just an early whatsup that she is up and had coffee, it is our early morning connecting with each other...koffie en beskuit vroeg op die stoep...at work everyone is getting ready for the showcasing of art work created during 2018...this year has come to an end...only certificates still to hand out...images form 'poskaarte van loxton' in the dance studio....