Tuesday, March 26, 2019

Ouma Toek

Ons praat oor die heiligheid van so baie mense...en my ma vertel 'n storie van lank gelede...sy sê dat Ouma Toek en sy het Vrydagaande laat van die Odendaals (dis familie) huis toe geloop. Almal het altyd oor die naweek bymekaar gekom en dan het die jong klomp kaart gespeel en ander gesels, gebak en wat nog...dan het hulle van onder in die dorp huis toe geloop so na 11h00 se kant. En dan staan die motors so oral geparkeer en dan sê Ouma Toek: ' Kyk hoe staan die karre geparkeer, as die liewe heer die son moet sal laat opkom in die middel van die nag so teen 12h00 sal mens darem lekker kan sien wie se karre is by die verkeerde huis geparkeer, maar Sondag sit almal weer voor in die kerkbanke en luister vroom na die dominee...


Ouma Toek se huis bo in die dorp - Bredasdorp 2018


Mathilda Nortie, Ina Strydom and Maggie (du Toit) Lüttich, Bellville, 1962


No comments:

Post a Comment