Monday, March 18, 2019

skilpaadjies

gisternag gedroom eintlik vroegoggend, lang droom, Vati Heini, Mutti, Nichola en ek is iewers op vakansie, maar ek moet klasse gee en toere doen vir environmental projects, and landkuns. Ek is baie besig en moet elke dag beplan en alles haarfyn uitwerk, Vati Heini help daarmee, hy het al die kaarte en ook al die mense se name en kontak details, Mutti maak kos en hou alles bymekaar en Nichola gee raad oor my toere en speeches...asook bevindings van al die nuwe gesamentlike geleerdheid word gedeel aan skoolkinders en onderwysers. Ons maak stories bymekaar om met mekaar te deel... Ek vind 'n koffer uitgespoel op die een rivier bank...binne krats iets, krietsel, ek maak oop en die koffer is vol verskillende linings, soos 'n konsertina leër en tussen die lining is klein klein skilpaadjies, party so groot as my duimnael. Ek dink hulle is almal dood en stadig maak ek hulle los en probeer uitvind wat ek moet doen, is soort van geskok en baie ontsteld. Stil sit ek verslae... Vati Heini kom help maar sy hande skud te veel en van die skilpaadjies val in die sand. Nichola tel hulle op en neem hulle na Ouma om skoon te was en droog te maak...skielik roep hulle van die kombuis in die vakansie houthut en sê: 'they are breathing mom, die een leef, die een haalasem, kom kyk!!...soos in 'n droom nadat hulle met water gewas word and dan versigtig droog gemaak word met 'n rooi afdroogdoek, haal hulle saggies asem... Mutti en Nichola sit hulle op 'n houtskinkbord van groot na klein. Vati Heini sê...ons moet net versigtig wees, sagkens optel, hulle leef almal...so red ons skilpaadjies seker 67 of meer van 'n koffer met swart lining van 'n rivier iewers in die Kaap, Riversdal...of so 'n plek...ek is laat vir my toer/bespreking groep en moet 'n rok aantrek, Vati Heini het gesê hy is moeg daarvan dat ek so baie klere aantrek, ek moet net een ding aantrek, daar is 'n rooi rok en so 'n pienkerige blomrok, ek gril 'n bietjie, die rooi rok het 'n strik aan van rooi en wit check material...my ma het die detail aangewerk om die kraag...ten minste is die rokke nie stukkend nie soos vir sy begrafnis, ek kan die rokke aantrek, hoef nie reg te maak en op te borduur nie...en ons gaan voort om natuur klasse aan te bied in die rivier bedding...



No comments:

Post a Comment