Dis Dinsdagoggend en my ma se verjaarsdag. Sy kondig by ontbyt aan dat van nou af sy die syfers omdraai, so vandag is sy eintlik 18 jaar oud, want mens het nie nodig om soos ander mense eenvoudig oud te word nie. Ek knik net my kop, want hierdie verjaarsdagfees van minstens ‘n week of twee gaan my nog baie uitdaag. Die verjaarsdag reëlings sal ‘n familiefees uit die ou testament laat skaam voel. Verder kondig sy aan dat sy dink die Chancellor van die Britse regering is ‘n baie seksie man en dat Johnson hom moet skaam oor hoe slordig hy is, en sy wil hom nie kaal sien in die stort nie, dis seker net sulke voue, hoe hy nog ‘n baba het vestom haar. Sy dink net liewerste hoe mooi moet Rishi Sunak lyk sonder sy netjies pak klere in die stort. “Mutti ek is al maande, maande sonder seks…moenie!!!
Terug by die verjaarsdag reelings. So die kuier gaste wat nou nie almal op dieselfde tyd mag kom nie word soos die pionne op die skaakbord rondgeskuif. Ek besluit vroeg reeds om my kop te knik en my verraste uitdrukking op my gesig weg te steek as die deurklokkie lui, want ek kan glad nie onthou wie wanneer kom nie. Die koek, tert, southappies en as ‘in case middagete’ is reeds oor die naweek voorberei. Die menu was ook tot in die uiterste detail uitgewerk, want die een eet nie dit nie, daardie een eet nie dat nie en hierdie mense hou daarvan om vir middagete te kom. Ek beaam alles, want mens moet fyn trap om nie die kok, die gaste of die versjaardagvrou verkeerd te laat voel oor ‘n kleinigheid nie. Ek neem my voor om my te gedra, nie die gaste se opmerkings verkeerd op te neem nie. Ek maak ‘n lysie van topics wat verbode is. Praat nie oor Rhodes nie, nie oor kuns nie en moenie ‘n woord oor covid praat nie, want by die laaste fees het ek luidrugtig aangekondig dat ons net oor lande en Covid 19 by hierdie tafel kan praat as ‘n vrou aan die hoof staan van die land. Die gesprek het opgedroog soos die laaste reen in Namakwakand.
Gelukkig teen dag 2 van die loofhuttefees ontdek ek ‘n bottle rum van Inverroche wat my pa nog gekoop het lank lank gelede in Stilbaai. Ek skink net, meeste vir myself maar ook vir die gaste wat nie ry nie en dit olie die geselskap so dat al my windskewerige opmerkings klink toe glad nie so skoorsoekerig nie. Mens moet minstens twee glassies drink van die rum wat my asem so wegslaan, eintlik goed fluister my ma onderlangs die koffietafel.
Teen Donderdag tussen al die feesvierings moet ons na die oogarts. Sy moes al weke terug die intervention gehad het maar sy skuif elke week uit, ek weet nie of dit oor die inspuiting in die oog is nie wat baie baie seer is en of sy nie wil hê ek moet my bekommer nie oor haar oë nie. Ek stel toe ‘n ultimatum en gelukkig kry ons ‘n afspraak. Sien die moment as ek sê ek sal dit doen dan doen sy dit. Daar is nog baie trotsheid in haar siel, en ek gebruik dit tot my voordeel. Ons ry in dokter toe in Worcestor en kry gelukkig die plek. Sy is baie senuweeagtig en ek stap saam spreekkamer toe…so dapper stap sy in…klein klein mensie. Ek ry weg en probeer toe in die volgende uur alles te doen sodat sy nie hoef in die kar te wag nie. Ek mag nie in die wagkamer wag nie weens Covid19. In elke geval wil sy my nie daar hê nie, sy hou van die dokter, hy dra sulke oulike sokkies. Ek hardloop reg deur Pick&Pay Woolworths PNA en Discem soos ‘n warrelwind, jy sien net hand sanitizer spat. Laaste stop is by Postnet om die embroideries Amsterdam en Switserland toe en die poskaarte van Loxton vir die Engelse studente te stuur. In die middel van my transaksie en besig om ‘n klein fortuin uit te gee, die stupid poskantoor wat alweer nie werk en ek prewel net die vloekwoorde, kry ek ‘n boodskap dat sy klaar is. Ek skarrel die laaste cell nommers en check addresse op die pakkies en ry terug doktor toe, want ek is bekommerd omdat dit langer as 45 minute gevat het. Ek weet sy is angstig oor haar oë, sy is reeds doof en om dan nog haar sig te verloor sal baie erg wees.
Ek ry so dat die keer net die stof en klippe so spat…ek ry die straat af en sy staan so alleen daar onder die boom…sy mag ook nie binne die wagkamer wag nie…ek is so kwaad vir myself. In elke geval alle nuus is toe goed, geen inspuiting in die oog soos laaste keer nie, slegs oogdruppels en haar oë is eksieperfeksie en ook haar bril en sy hoef nooit weer hierdie procedure te ondergaan nie…ek is so bly, bly vir haar bly vir my bly vir haar angste. Alles verdwyn so voor die bietjie son wat wil-wil uitkom. Sy moet nou net baie spesiale oogdruppel kry en sy wil self Clicks toe gaan. Ek sê ok, want daar is baie min toue mense in die Mountain Mill en dan gaan drink ons koffie sê ek vir haar. Toe ons by die shopping centre kom stap sy lekker in, want sy was die 5de Maart laas in ‘n winkel…die security man roep haar maar sy stap aan, ek verduidelik vir hom dat sy nie kan hoor nie. Hy hardloop soos ‘n spinnekop agter haar aan en sy kyk so vir hom asof hy net ‘n grap maak. Hy sê ‘ouma jy kan nie sommer net hier by my inloop nie’, almal lag bietjie. In by Clicks en ek kan sien sy is soekerig na iets wat tog nog bekend lyk. Kry die oogdruppels en ons gaan koffieplek soek. Ek weier om na die klein koffieplek Peacock te gaan, ons het altyd met my pa soontoe gegaan, ek het nog te veel hartseer wat iewers moet uitloop en ek weet dis net so moeilik vir haar. Gelukkig was hulle alreeds vloere toe kry ons iewers anders koffie. Sy het dit so geniet, die beitjie uitkom, bietjie deel van ‘n ander lewe te voel. Toe moet ons wolwinkel by die Instituut vir die Blindes gaan, daar is altyd min mense en mens het wol nodig, altyd wol nodig. Later toe ons by die huis kom gedurende load shedding hoor ek haar met die ander susters praat oor haar lekker dag. Sy verduidelik in detail die oog procedure, die sekuriteitsman met handsanitizer, al die veranderinge, hoe dit voel en dat sy kan sien.
Ek moet maar dankbaar wees vir die klein bietjie hoop, klein genades in die lewe.